Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 2:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Inteendeel, iemand het êrens soos volg getuig:“Wat is die mensdat U aan hom sou dink,’n mensekinddat U aan hom sou aandag gee?

7. Vir ’n klein rukkiehet U hom minder gemaak as die engele;U het hom met heerlikheid en eer gekroon.

8. U het alles onder sy beheer geplaas.”Wanneer die Skrif sê “alles” is onder die mens se beheer geplaas, beteken dit werklik álles. Tog sien ons nou nog glad nie dat alles reeds onder die mens se beheer is nie.

9. Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf.

10. God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oopmaak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak.

11. Nou is dit so dat sowel Jesus – dié Een wat geheilig is – as almal wat deur Hom geheilig word, dieselfde Vader het. Dit is waarom Jesus nie huiwer om hulle sy broers en susters te noem nie.

12. Want Hy sê vir God:“Ek sal u Naam bekendmaakaan my broers en susters. Ek sal in u gemeente u lof besing.”

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 2