Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 2:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ons moet dus baie styf vashou aan die boodskap wat ons gehoor het sodat ons tog nie dalk wegdryf nie.

2. Die woord wat God deur engele aan ons gegee het, het nog altyd onwrikbaar vasgestaan. Daarby is mense tereg gestraf vir elke oortreding van God se wet en elke daad van ongehoorsaamheid.

3. Hoe sal ons ontvlug as ons ons rug op so ’n groot saligheid draai – ’n boodskap wat ons Here Jesus eerste begin verkondig het en wat daarna deur dié wat Hom gehoor het, aan ons bekragtig is,

4. terwyl God dit nog verder bevestig deur tekens en wonderwerke, deur allerlei kragtige dade en deur gawes van die Heilige Gees toe te bedeel soos Hy dit goedvind.

5. God het ook nie aan engele die beheer van die toekomstige wêreld waarvan ons praat, toevertrou nie.

6. Inteendeel, iemand het êrens soos volg getuig:“Wat is die mensdat U aan hom sou dink,’n mensekinddat U aan hom sou aandag gee?

7. Vir ’n klein rukkiehet U hom minder gemaak as die engele;U het hom met heerlikheid en eer gekroon.

8. U het alles onder sy beheer geplaas.”Wanneer die Skrif sê “alles” is onder die mens se beheer geplaas, beteken dit werklik álles. Tog sien ons nou nog glad nie dat alles reeds onder die mens se beheer is nie.

9. Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf.

10. God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oopmaak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 2