Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 11:16-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Ek sê weer ’n keer: Niemand moet dink dat ek die kluts skoon kwyt is nie. Of so nie, beskou my maar as dwaas sodat ek ook ’n bietjie kan grootpraat.

17. Wat ek nou gaan sê, kom nie van die Here nie. Nee, in hierdie saak praat ek regtig soos ’n dwaas in die vertroue dat ek wel rede het om te spog.

18. Aangesien daar baie mense is wat op menslike gronde spog, gaan ek ook nou spog.

19. Julle wat só slim is, verdra mos geredelik die dwase.

20. Julle verdra dit as iemand julle op sleeptou neem, as iemand julle uitbuit, as iemand julle inloop, as iemand grootmeneer speel, as iemand julle trompop beledig.

21. Ek sê dit tot my “skande” dat ons te “swak” daarvoor was!Nou praat ek regtig soos ’n dwaas: As iemand dit wil waag om te spog, ek kan nog meer spog.

22. Is hulle Hebreërs? Ek ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die saad van Abraham? Ek ook.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 11