Ou Testament

Nuwe Testament

Yirmeyahu 40:5-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Aangesien Yirmeyahu steeds nie teruggegaan het nie, sê hy: “Gaan dan terug na G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, wat die koning van Bavel oor die stede van Y’hudah aangestel het en bly by hom tussen die mense; of gaan andersins enige plek waar dit ook al reg is vir jou om te gaan.” Die bevelvoerder van die lyfwag het vir hom padkos en ’n geskenk gegee en hom laat gaan.

6. Yirmeyahu het na Mitzpah, na G’dalyahu, die seun van Agikam, gegaan en by hom gebly tussen die volk wat in die land agtergebly het.

7. Al die bevelvoerders van die leërs wat in die veld was, hulle en hulle manne, het gehoor dat die koning van Bavel vir G’dalyahu, die seun van Agikam, oor die land aangestel het en dat hy hom in beheer geplaas het van die manne, vroue en kinders; die van die armste mense van die land wat nie in ballingskap weggevoer is na Bavel nie.

8. Hulle het na G’dalyahu toe gekom in Mitzpah, saam met Yishma’el, die seun van N’tanyahu, Yoganan en Yonatan, die seuns van Kareag, S’rayah, die seun van Tangumet, die seuns van `Efai, die N’tofatiet en Y’zanyahu, die seun van die Ma’akhatiet, hulle en hulle manskappe.

9. G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, het vir hulle en hulle manskappe gesweer en gesê: “Moenie bang wees om die Kasdeërs te dien nie; bly in die land en dien die koning van Bavel sodat dit met julle goed mag gaan.

10. Nou wat my betref, let op, ek gaan in Mitzpah bly om vir julle voor die Kasdeërs te staan wat na ons toe gekom het, maar wat julle aangaan, maak wyn, somervrugte en olie bymekaar en gooi dit in julle houers en bly in julle stede wat julle oorgeneem het.”

11. Net so het ook al die Y’hudahiete wat in Mo’av, tussen die seuns van `Ammon, in Edom en in al die lande was, gehoor dat die koning van Bavel vir Y’hudah ’n oorblyfsel agtergelaat het en dat hy G’dalyahu, die seun van Agikam, die seun van Shafan, oor hulle aangestel het.

12. Toe het al die Jode teruggekom vanaf al die plekke waarheen hulle verdryf is en na die land van Y’hudah, na G’dalyahu, in Mitzpah gekom en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte bymekaargemaak.

13. Yoganan, die seun van Kareag en al die bevelvoerders van die leërs wat in die veld was, het na G’dalyahu, in Mitzpah, gekom

14. en vir hom gesê: “Is u wel bewus daarvan dat Ba’alis, koning van die seuns van `Ammon, vir Yishma’el, die seun van N’tanyahu, gestuur het om u lewe te neem?” G’dalyahu, die seun van Agikam, het hulle egter nie geglo nie.

Lees volledige hoofstuk Yirmeyahu 40