Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 22:29-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Dit is ver van ons dat ons sou rebelleer teen יהוה en op die dag wegdraai daarvan om יהוה te volg, deur ’n altaar te bou vir brandoffers, graanoffers en offers, naas die altaar van יהוה, ons God, wat voor Sy tabernakel staan.”

30. Toe Pingas, die priester en die leiers van die vergadering, die stamhoofde van Yisra’el wat saam met hom was, die woorde hoor wat die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die seuns van M’nasheh gesê het, het dit hulle tevredegestel.

31. Pingas, die seun van El’azar, die priester, sê vir die seuns van Re’uven, die seuns van Gad en die seuns van M’nasheh: “Vandag weet ons dat יהוה in ons midde is omdat julle nie hierdie daad van ontrou teen יהוה begaan het nie; nou het julle die seuns van Yisra’el bevry uit die hand van יהוה.”

32. Toe het Pingas, die seun van El’azar, die priester en die leiers teruggekeer vanaf die seuns van Re’uven en die seuns van Gad uit die land Gil’ad na die land Kena’an, na die seuns van Yisra’el en vir hulle die boodskap gebring.

33. Die boodskap het die seuns van Yisra’el bly gemaak en die seuns van Yisra’el het God geprys en hulle het nie gepraat daarvan om teen hulle op te trek in oorlog, om die land waarin die seuns van Re’uven en die seuns van Gad gebly het, te verwoes, nie.

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 22