Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 22:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Y’hoshua die Re’uveniete, die Gadiete en die halwe stam van M’nasheh laat roep

2. en vir hulle gesê: “Julle het alles onderhou wat Moshe, die kneg van יהוה, julle beveel het en julle het na my stem geluister in alles wat ek julle beveel het.

3. Julle het nie jul broers in die steek gelaat nie, al hierdie dae tot vandag toe, maar julle het die opdragte van יהוה, julle God, gehou.

4. Nou het יהוה, julle God, jul broers rus gegee, soos Hy vir hulle gesê het; daarom, draai nou om en gaan na julle tente toe, na die land van julle besitting wat Moshe, die kneg van יהוה, julle oorkant die Yarden gegee het.Deut 6:4-8; Mat 22:37-40; Yog 7:19; Hand 24:14; Hand 25:8

5. Wees net baie versigtig om die opdragte en die wet, wat Moshe, die kneg van יהוה, julle beveel het, te onderhou, om יהוה, julle God, lief te hê en in al Sy paaie te loop en Sy opdragte te onderhou en aan Hom vas te hou en Hom te dien met julle hele verstand, wil en emosie en met julle hele gees.”

6. So het Y’hoshua hulle geseën en hulle weggestuur en hulle het na hul tente toe gegaan.

7. Aan die een helfte van die stam van M’nasheh het Moshe in Bashan ’n erfenis gegee, maar aan die ander helfte daarvan het Y’hoshua ’n deel gegee saam met hulle broers, weswaarts anderkant die Yarden. Toe Y’hoshua hulle weggestuur het na hul tente toe, het hy hulle geseën

8. en vir hulle gesê: “Gaan terug na julle tente met groot rykdomme en ’n menigte van vee, met silwer, goud, koper, yster en baie klere; deel die buit van julle vyande met julle broers.”

Lees volledige hoofstuk Y'hoshua 22