hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 2 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Y’hoshua, die seun van Nun, in die geheim twee manne as verkenners uit Shitteem uitgestuur en gesê: “Gaan kyk na die land en veral Yerigo.” Hulle het gegaan en in die huis van ’n hoer, met die naam van Ragav, ingekom en daar gebly.

2. Dit is aan die koning van Yerigo vertel en gesê: “Let op, manne uit die seuns van Yisra’el het vannag hierheen gekom om die land te verken.”

3. Die koning van Yerigo het na Ragav gestuur om te sê: “Bring die manne uit wat na jou toe gekom het, wat in jou huis ingegaan het, want hulle het gekom om die hele land te verken.”

4. Die vrou het egter die twee manne gevat en hulle weggesteek en sy het gesê: “Ja, die manne het na my toe gekom, maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.

5. Dit het gebeur dat toe die poort met donker gesluit moes word, die manne uitgegaan het; ek weet nie waarheen die manne gegaan het nie; agtervolg hulle gou, want julle sal hulle inhaal.”

6. Sy het hulle egter opgevat na die dak toe en hulle weggesteek onder die vlasstingels wat sy op haar dak oopgegooi het.

7. Die manne het hulle toe agternagejaag in die rigting van die Yarden, na die driwwe; dadelik nadat hulle agtervolgers uitgegaan het, het hulle die hek gesluit.

8. Voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe

9. en vir die manne gesê: “Ek weet dat יהוה die land aan julle gegee het en dat die verskrikking van julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land weggesmelt het voor julle,

10. want ons het gehoor hoe יהוה die water van die Sufsee voor julle laat opdroog het toe julle uit Mitzrayim gekom het en wat julle aan die twee konings van die Emoriete, Sigon en `Og, oorkant die Yarden gedoen het, wat julle heeltemal uitgewis het.Deut 28:10

11. Toe ons dit hoor, het ons binneste gesmelt en geen moed het in enige man oorgebly as gevolg van julle nie, want יהוה, julle God: Hy is God bo in die hemel en onder op die aarde;

12. daarom dan, sweer asseblief vir my by יהוה terwyl ek goedgunstig teenoor julle opgetree het, julle ook teenoor my vader se huishouding goedgunstig sal wees en vir my ’n teken van waarheid gee

13. dat julle die lewe van my vader, moeder, broers en susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons lewens sal red van die dood.”

14. Die manne sê vir haar: “Ons lewe vir julle s’n, as julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie en dit sal wees wanneer יהוה aan ons die land gee, ons gunstig en getrou teenoor julle sal wees.”

15. Toe het sy hulle met ’n tou deur die venster laat afsak, want haar huis was op die stadsmuur; dus het sy op die muur gebly.

16. Sy het vir hulle gesê: “Gaan na die bergland sodat julle agtervolgers julle nie raakloop nie en steek julle daar vir drie dae lank weg totdat die agtervolgers terugkom; daarna kan julle verder gaan.”

17. Die manne sê vir haar: “Ons sal ontslae wees van hierdie eed aan jou wat jy ons laat sweer het,

18. as jy nie, wanneer ons die land inkom, hierdie koord van rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind nie; jy moet ook jou vader, moeder, broers en jou vader se hele huishouding by jou in die huis versamel.

19. Dit sal wees dat elkeen wat by die deure van jou huis na die straat toe uitgaan, dié se bloed sal op sy eie kop wees en ons onskuldig, maar elkeen wat by jou in die huis is, dié se bloed sal op ons kop wees, as ’n hand op hom is,

20. maar as jy hierdie saak van ons bekend maak, sal ons vry wees van die eed wat jy ons laat sweer het.”

21. Sy antwoord: “Volgens julle woorde, laat dit so wees.” Sy het hulle weggestuur en hulle het vertrek en sy het die rooi lyn aan die venster vasgebind.

22. Hulle het vertrek en in die bergland gekom en drie dae lank daar gebly totdat die agtervolgers teruggekom het. Nou, die agtervolgers het hulle oral op die pad gesoek, maar nie gekry nie.

23. Toe het die twee manne teruggegaan en van die bergland afgekom en oorgegaan en by Y’hoshua, die seun van Nun, gekom en hom alles vertel wat met hulle gebeur het.

24. Hulle het vir Y’hoshua gesê: “Sekerlik het יהוה die hele land in ons hand gegee, meer nog, al die inwoners van die land smelt voor ons weg.”