hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die lot vir die stam van die seuns van Y’hudah, volgens hulle families, het geval vanaf teenaan die grens van Edom, suidwaarts na die wildernis van Tzin in die verre suide.

2. Hulle suidelike grens was vanaf die laer end van die Soutsee, vanaf die baai wat na die suide toe draai.

3. Dan loop dit suidwaarts na Ma’aleh-`Akrabbiem en aan na Tzin; dan gaan dit op, suid van Kadesh-Barnea, aan na Hetzron en loop op na Addar en draai na Karka toe;

4. dan verder aan na `Atzmon en voort na die spruit van Mitzrayim en die grens eindig by die see; dit sal julle suidelike grens wees.

5. Die oostelike grens: die Soutsee tot by die mond van die Yarden. Die noordelike grens: vanaf die baai van die see by die mond van die Yarden;

6. dan loop die grens op na Beit-Hoglah en aan noordwaarts vanaf Beit-`Aravah en die grens loop op na die klip van Bohan, die seun van Re’uven.

7. Die grens loop op na D’vir, van die Vallei van Akhor af en draai dan noord na Gilgal wat oorkant Ma’aleh-Adumim lê, aan die suidekant van die vallei en die grens gaan aan na die waters van `Ein-Shemesh en eindig by `Ein-Rogel.

8. Dan loop die grens op in die vallei van Ben-Hinnom na die suidelike hang van die Y’vusiete, dit is Yerushalayim; die grens loop op na die top van die berg wat voor die Vallei van Hinnom na die weste lê, wat aan die einde van die Vallei van Refa’im na die noorde is.

9. Vanaf die top van die berg draai die grens na die fontein van die waters van Neftoag en loop aan na die stede van Berg `Efron; dan draai die grens na Ba’alah, dit is Kiryat-Ye’arim.

10. Die grens draai van Ba’alah af weswaarts weg na Berg Se’ir en aan na die hang van die berg Ye’arim aan die noorde, dit is K’salon en loop af na Beit-Shemesh en aan deur Timnah.

11. Die grens gaan noordwaarts aan na die kant van `Ekron. Dan draai die grens na Shikron en aan na Berg Ba’alah en aan na Yavne’el en die grens eindig by die see.

12. Die westelike grens is die Groot See se kuslyn. Hierdie is die grens rondom die seuns van Y’hudah volgens hulle families.

13. Nou, aan Kalev, die seun van Y’funneh, het hy ’n deel tussen die seuns van Y’hudah gegee, volgens die bevel van יהוה aan Y’hoshua: Kiryat-Arba, (Arba die vader van `Anak), dit is Hevron.

14. Kalev het die drie seuns van `Anak: Sheshai, Agiman en Talmai, die nageslag van `Anak, daar uitgedryf.

15. Toe het hy daarvandaan opgetrek teen die inwoners van D’vir; nou die naam van D’vir was vroeër Kiryat-Sefer;

16. en Kalev het gesê: “Hy wat Kiryat-Sefer aanval en dit inneem, aan hom sal ek my dogter `Akhsah as vrou gee.”

17. `Otni’el, die seun van K’naz, die broer van Kalev, het dit ingeneem; hy het sy dogter `Akhsah vir hom as vrou gegee.

18. Toe sy by hom aankom, het sy hom oortuig om van haar vader ’n stuk grond te vra. Sy het van die donkie afgeklim en Kalev vra vir haar: “Wat wil jy hê?”

19. Toe sê sy: “Gee vir my ’n seën, aangesien u vir my die Suidland (Negev) gegee het, gee ook vir my waterfonteine.” Hy het vir haar die boonste en die onderste fonteine gegee.

20. Dit is die erfenis van die stam van die seuns van Y’hudah volgens hulle families.

21. Die stede van die stam van die seuns van Y’hudah op die uiterstes by die grens van Edom in die suide was Kavtze’el, `Eder, Yagur,

22. Kinah, Dimonah, `Ad’adah,

23. Kedesh, Hatzor, Yitnan,

24. Zif, Telem, Be’alot,

25. Hatzor-Hadattah, K’riot-Hesron, dit is Hatzor;

26. Amam, Sh’ma, Moladah,

27. Hatzar-Gaddah, Heshmon, Beit-Pelet,

28. Hatzar-Shu’al, Be’er-Sh’va, Bizyot-Yah,

29. Ba’alah, `Iyim, `Etzem,

30. El-Tolad, K’sil, Hormah,

31. Ziklag, Madmannah, Sansannah,

32. L’va’ot, Shilgim, `Ayin en Rimmon; altesaam nege en twintig stede, met hulle dorpies;

33. in die Laagland: Eshta’ol, Tzor’ah, Ashnah,

34. Zanoag, `Ein-Gannim, Tappuag, `Enam,

35. Yarmut, `Adullam, Sokhoh, `Azekah,

36. Sha’rim, `Aditayim, G’derah en G’derotayim: veertien stede met hulle dorpe;

37. Tz’nan, Hadashah, Migdal-Gad,

38. Dil’an, Mitzpeh, Yokte’el,

39. Lakhish, Botzkat, `Eglon,

40. Kabbon, Lagmas, Kitlish,

41. G’derot, Beit-Dagon, Na’amah en Makkedah: sestien stede met hulle dorpe;

42. Livnah, `Eter, `Ashan,

43. Yiftag, Ashnah, N’tziv,

44. Ke’ilah, Akhziv en Mareshah: nege stede met hulle dorpe;

45. `Ekron met sy dorpe en sy klein dorpies;

46. vanaf `Ekron tot by die see, alles wat aan die kant van Ashdod lê, met hulle dorpe;

47. Ashdod, sy dorpe en sy klein dorpies; `Azah, sy dorpe en sy klein dorpies, so ver soos die spruit van Mitzrayim en die kuslyn van die Groot See.

48. In die Bergland: Shamir, Yattir, Sokhoh,

49. Dannah, Kiryat-Sefer (dit is D’vir),

50. `Anav, Esht’moh, `Anim,

51. Goshen, Holon en Giloh: elf stede met hulle dorpe;

52. Arav, Dumah, Esh’an,

53. Yanum, Beit-Tappuag, Afekah,

54. Humtah, Kiryat-Arba (dit is Hevron) en Tzi’or: nege stede met hulle dorpe;

55. Ma’on, Karmel, Zif, Yuttah,

56. Yizre’el, Yokde’am, Zanoag,

57. Kayin, Giv’ah en Timnah: tien stede met hulle dorpe;

58. Halgul, Beit-Tzur, G’dor,

59. Ma’arat, Beit-`Anot en Elt’kon: ses stede met hulle dorpe;

60. Kiryat-Ba’al (dit is Kiryat-Ye’arim) en Rabbah: twee stede met hulle dorpe.

61. In die wildernis: Beit-`Aravah, Middin, S’Khakhah,

62. Nivshan, `Ir-Hamelag en `Ein-Gedi: ses stede met hulle dorpe.

63. Nou, wat die Y’vusiete, die inwoners van Yerushalayim, betref, die seuns van Y’hudah kon hulle nie uitdryf nie; die Y’vusiete bly dus saam met die seuns van Y’hudah by Yerushalayim, tot vandag toe.