hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die lot vir die seuns van Yosef het gegaan vanaf die Yarden by Yerigo, tot by die waters van Yerigo aan die ooste, in die wildernis in, opwaarts vanaf Yerigo deur die Bergland, na Beit-El.

2. Dit het van Beit-El af na Luz geloop en aangegaan na die grens van die Arkiete, na `Atarot.

3. Dit het weswaarts af geloop na die grondgebied van die Yafletiete, tot by die gebied van laer Beit-Horon, selfs tot by Gezer en geëindig by die see.

4. Die seuns van Yosef, M’nasheh en Efrayim, het hulle erfdeel ontvang.

5. Hierdie was die grondgebied van die seuns van Efrayim volgens hulle families: die grens van hulle erfenis ooswaarts was `Atrot-Addar, so ver as tot by die bo-deel van Beit-Horon.

6. Dan loop die grens weswaarts by Mikhm’tat aan die noorde en die grens draai dan ooswaarts na Ta’anat-Shiloh en aan na die ooste van Yanogah.

7. Vanaf Yanogah loop dit af na `Atarot en na Na’arah, bereik dan vir Yerigo en kom uit by die Yarden.

8. Vanaf Tappuag hou die grens weswaarts aan na die spruit van Kanah en eindig by die see. Dit is die erfenis van die stam van die seuns van Efrayim volgens hulle families;

9. met die stede wat vir die seuns van Efrayim afgesonder was, tussen die erfenis van die seuns van M’nasheh, al die stede met hulle dorpe.

10. Hulle het egter nie die Kena’aniete, wat in Gezer gebly het, uitgedryf nie; die Kena’aniete het tussen Efrayim gebly tot vandag toe en hulle dwangarbeiders geword.