hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Y'hoshua 21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die familiehoofde van die Leviete nader gekom na El’azar, die priester, na Y’hoshua, die seun van Nun en na die familiehoofde van die stamme van die seuns van Yisra’el.

2. Hulle het met hulle gepraat by Shiloh, in die land Kena’an en gesê: “יהוה het deur Moshe beveel dat aan ons stede gegee moet word om in te bly, met hulle weivelde vir ons vee.”

3. Die seuns van Yisra’el het volgens die bevel van יהוה, uit hulle erfenis, die volgende stede met hulle weivelde vir die Leviete gegee:

4. die lot het op die families van die K’hatiete geval en die seuns van Aharon, die priester, wat van die Leviete is, het dertien stede deur die lot ontvang vanuit die stam van Y’hudah, uit die stam van Shim’on en uit die stam van Binyamin.

5. Die res van die seuns van K’hat het tien stede deur die lot ontvang vanuit die families van die stam van Efrayim, uit die stam van Dan en uit die halwe stam van M’nasheh.

6. Die seuns van Gershon het dertien stede deur die lot ontvang vanuit die families van die stam van Yissakhar, uit die stam van Asher, uit die stam van Naftali en uit die halwe stam van M’nasheh, in Bashan.

7. Die seuns van M’rari, volgens hulle families het twaalf stede ontvang vanuit die stam van Re’uven, uit die stam van Gad en uit die stam van Z’vulun.

8. Nou, die seuns van Yisra’el het aan die Leviete hierdie stede met hulle weivelde deur die lot gegee, soos יהוה deur Moshe beveel het.

9. Hulle het hierdie stede by name gegee vanuit die stam van die seuns van Y’hudah en uit die stam van die seuns van Shim’on;

10. hulle was vir die seuns van Aharon, een van die families van die K’hatiete, uit die seuns van Levi, want die eerste lot was vir hulle.

11. So het hulle vir hul gegee: Kiryat-Arba, (Arba was die vader van `Anak, dit is Hevron), op die Bergland van Y’hudah, met sy omringende weivelde,

12. maar die landerye van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kalev, die seun van Y’funneh, as sy besitting gegee.

13. Aan die seuns van Aharon, die priester, het hulle gegee: Hevron, die vrystad vir hom wat manslag begaan het, met sy weivelde, Livnah met sy weivelde,

14. Yattir met sy weivelde, Esht’moa met sy weivelde,

15. Holon met sy weivelde, D’vir met sy weivelde,

16. `Ayin met sy weiveld, Yuttah met sy weiveld en Beit-Shemesh met sy weiveld: nege stede vanuit hierdie twee stamme.

17. Vanaf die stam van Binyamin: Giv’on met sy weivelde, Geva met sy weivelde,

18. `Anatot met sy weivelde en `Almon met sy weivelde: vier stede.

19. Al die stede van die seuns van Aharon, die priesters, was dertien stede met hulle weivelde.

20. Toe is die stede vanaf die stam van Efrayim deur die lot aangewys aan die families van die seuns van K’hat, die Leviete, aan die res van die seuns van K’hat.

21. Hulle het vir hulle gegee: Sh’khem, die vrystad vir hom wat manslag begaan het, met sy weivelde op die Bergland van Efrayim, Gezer met sy weivelde,

22. Kivtzayim met sy weivelde en Beit-Horon met sy weivelde: vier stede.

23. Vanuit die stam van Dan: Elt’keh met sy weivelde, Gibb’ton met sy weivelde,

24. Ayalon met sy weivelde en Gat-Rimmon met sy weivelde: vier stede.

25. Vanuit die helfte van die stam van M’nasheh: Ta’anakh met sy weivelde en Gat-Rimmon met sy weivelde: twee stede.

26. Al die stede met hulle weivelde vir die families van die res van die seuns van K’hat was tien.

27. Aan die seuns van Gershon, een van die families van die Leviete, is gegee vanaf die halwe stam van M’nasheh: Golan, die vrystad vir hom wat manslag begaan het, in Bashan, met sy weivelde en B’esht’rah met sy weivelde: twee stede.

28. Vanuit die stam van Yissakhar: Kishyon met sy weivelde, Dovrat met sy weivelde,

29. Yarmut met sy weivelde, `Ein-Gannim met sy weivelde: vier stede.

30. Vanuit die stam van Asher: Mishal met sy weivelde, `Avdon met sy weivelde,

31. Helkat met sy weivelde en Regov met sy weivelde: vier stede.

32. Vanuit die stam van Naftali: Kedesh in die Galil, die vrystad vir hom wat manslag begaan het met sy weivelde, Hammot-Dor met sy weivelde en Kartan met sy weivelde: drie stede.

33. Al die stede van die Gershoniete, volgens hulle families, was dertien stede met hulle weivelde.

34. Aan die families van die seuns van M’rari, die res van die Leviete, vanaf die stam van Z’vulun: Yokne’am met sy weivelde, Kartah met sy weivelde,

35. Dimnah met sy weivelde, Nahalal met sy weivelde: vier stede.

36. Vanuit die stam van Re’uven: Betzer met sy weivelde, Yagtzah met sy weivelde,

37. K’demot met sy weivelde en Mefa’at met sy weivelde: vier stede.

38. Vanuit die stam van Gad: Ramot in Gil’ad, die vrystad vir hom wat manslag begaan het, met sy weivelde, Maganayim met sy weivelde,

39. Heshbon met sy weivelde en Ya’zer met sy weivelde: altesaam vier stede.

40. Al hierdie was die stede vir die seuns van M’rari, volgens hulle families, die res van die families van die Leviete en hulle lot was twaalf stede.

41. Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die seuns van Yisra’el, was agt en veertig stede met hulle weivelde.

42. Elkeen van hierdie stede het weivelde rondom hulle gehad; so was dit met al hierdie stede.

43. So het יהוה dan die hele land aan Yisra’el gegee wat Hy met ’n eed beloof het om aan hulle vaders te gee en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan bly.

44. יהוה het hulle rus gegee aan alle kante volgens alles wat Hy hulle vaders met ’n eed beloof het en niemand van al hul vyande het voor hulle bly staan nie; יהוה het al hulle vyande in hulle hand gegee.

45. Nie een van die goeie beloftes wat יהוה aan die huis van Yisra’el gemaak het, het onvervuld gebly nie; alles het so gebeur.