Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 44:6-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Jy moet vir die rebelses sê, vir die huis van Yisa’el: ‘So sê יהוה-God: “Het jy nie genoeg verwerplikhede gepleeg nie, o huis van Yisra’el?

7. Julle bring egter ook vreemdelinge, wat onbesnedenes van verstand, wil en emosie en onbesnedenes van vlees is, in My Afgesonderde Plek in om My huis te onteer wanneer julle My kos, die vet en die bloed offer en julle My verbond tot niks maak deur al julle verwerplikhede.

8. Julle het ook nie My Afgesonderde Plek versorg nie, maar die bewakers van My Afgesonderde Plek vir julleself as wagte gemaak.”

9. So sê יהוה-God: “Geen vreemdeling, onbesnede van verstand, wil en emosie en onbesnede van vlees, van al die uitlanders wat onder die seuns van Yisra’el is, mag in My Afgesonderde Plek ingaan nie,

10. maar die Leviete wat ver van My afgewyk het toe Yisra’el weggedwaal het, wat van My af weggedwaal het agter hulle afgode aan, moet die straf van hulle onregverdigheid dra.

11. Nogtans moet hulle bedienaars wees in My Afgesonderde Plek, om toesig te hou by die poorte van die huis en in die huis te bedien; hulle moet die brandoffer en die offer vir die mense slag en voor hulle staan om hulle te bedien.

12. Omdat hulle hul gedien het voor hulle afgode en vir die huis van Yisra’el ’n struikelblok tot onregverdigheid geword het, het Ek daarom teen hulle gesweer,” verklaar יהוה-God, “dat hulle hul onregverdigheid moet dra.

13. Hulle mag nie naderkom na My toe om My as priester te dien nie, of naby enige van My afgesonderde of mees afgesonderde dinge kom nie, maar hulle moet hul skande dra en hul verwerplikhede wat hulle gedoen het.

14. Nogtans sal Ek hulle aanstel om verantwoordelikheid te neem oor die huis, vir al sy bediening en vir alles wat daarin gedoen moet word,

15. maar die Levitiese priesters, die seuns van Tzadok, wat My Afgesonderde Plek versorg het toe die seuns van Yisra’el van My af weggedwaal het, moet na My toe naderkom om My te bedien en hulle sal voor My staan om aan My die vet en die bloed te offer,” verklaar יהוה-God.

16. “Hulle moet My Afgesonderde Plek ingaan; hulle moet naby My tafel kom om My te bedien en My dienswerk doen.

17. Dit sal wees dat wanneer hulle by die poorte van die binneste hof ingaan, hulle in linne klere aangetrek moet wees en wol mag nie op hulle kom terwyl hulle bedien in die poorte van die binneste hof en in die huis nie.

18. Linne tulbande moet op hulle kop wees en linne onderklere aan hulle heupe; hulle mag nie aangetrek wees met iets wat hulle laat sweet nie.

19. Wanneer hulle uitgaan na die buitenste hof, na die volk toe, moet hulle hul klere uittrek waarmee hulle bedien het en dit neersit in die afgesonderde kamers; dan moet hulle ander klere aantrek sodat hulle nie afgesonderdheid na die volk sal oordra met hulle klere nie.1 Kor 11:14 hulle moet die hare van hulle kop net korter sny.

20. Hulle mag ook nie hulle koppe kaal skeer nie, nogtans moet hulle nie hulle hare lank laat groei nie;Lev 10:9; Yes 28:7 wanneer hy in die binneste hof ingaan nie

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 44