Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 43:12-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Dit is die wet van die huis: sy hele gebied op die top van die berg sal mees afgesonderd wees. Let op, dit is die wet van die huis.

13. Hierdie is die afmetings van die altaar in elle (hierdie el is ’n el en ’n handbreedte): die voetstuk sal ’n el wees en die breedte ’n el en die rand op sy kant reg rondom: omtrent een span en dit sal die hoogte van die basis van die altaar wees.

14. Vanaf die voetstuk op die grond tot by die onderste rand: twee el en die breedte: een el; van die kleiner rand tot by die groter rand: vier el en die breedte: een el.

15. Die altaar: vier el en van die altaar af moet vier horings boontoe uitsteek.

16. Die altaar moet twaalf el lank by twaalf el breed wees, vierkantig in sy vier kante.

17. Die rand moet veertien el lank by veertien el breed wees aan sy vier kante en die rand rondom dit: ’n half-el en die voetstuk daaraan: ’n el reg rondom en sy trappe moet oos kyk.”

18. Hy het vir my gesê: “Seun van ’n mens, so sê יהוה-God: ‘Hierdie is die instellings vir die altaar op die dag as dit gemaak word, om brandoffers daarop te bring en om bloed daarteen te sprinkel.

19. Jy moet vir die Levitiese priesters wat uit die nageslag van Tzadok is, wat naderkom na My toe om My te bedien,’ verklaar יהוה-God, ‘’n jong bul gee as sondoffer.

20. Jy moet van sy bloed vat en dit aan die vier horings, op die vier hoeke van die rand en op die rand reg rondom smeer; so moet jy dit dan reinig en toedekking doen daarvoor.

21. Jy moet ook die bul vir die sondoffer vat en dit moet verbrand word in die aangestelde plek van die huis, buitekant die Afgesonderde Plek.

22. Op die tweede dag moet jy ’n bokram sonder gebrek as sondoffer offer en hulle moet die altaar reinig soos hulle dit met die bul gereinig het.

23. Wanneer jy dit klaar gereinig het, moet jy ’n jong bul sonder gebrek en ’n ram sonder gebrek uit die kleinvee aanbied.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 43