Ou Testament

Nuwe Testament

Negemyah 5:11-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Herstel aan hulle, vandag nog, hulle lande, hulle wingerde, hulle olyfboom plantasies en hulle huise en skeld ook vry die geld, die koring, die wyn en die olie skuld aan die res van die mense.”

12. Toe het hulle vir my gesê: “Ons sal doen wat jy sê.” Toe het ek die priesters geroep en vir hulle gesê: “Hierdie is die regte ding om te doen” en ek het hulle ’n eed laat neem om volgens hierdie belofte te handel. Ek het dit ook met die seuns van die gewone mense gedoen.

13. Ons het ook ons binnesakke uitgeskud en gesê: “Mag God elke man so uitskud uit sy huis en uit sy werk, wat nie hierdie belofte uitvoer nie, net so sal hy uitgeskud en leeg gemaak word.” Al die mense het gesê: “Dit is waar!” Toe het al die mense opgestaan en יהוה geprys en die hele volk het volgens die belofte gehandel.

14. Meer nog, vanaf die tyd wat ek aangestel is om goewerneur te wees in die land van Y’hudah, vanaf die twintigste jaar tot die twee en dertigste jaar van koning Artag’shashta, twaalf jaar lank, was ek en my broers leiers oor hulle, maar ek het nooit selfs ’n donkie afgedwing van enige een van hulle of hulle lastig geval nie,

15. maar die vorige goewerneurs, wat voor my was, het die volk slawe gemaak en van hulle brood en wyn geneem, behalwe vir die veertig sikkels silwer. Hulle diensknegte het ook geheers oor die volk wat onderworpe was aan en onderdruk is deur hulle, maar ek het dit nie gedoen nie, as gevolg van die respekvolle vrees vir God.

16. Ek was ook grootliks besig met die werk aan hierdie muur, het geen grond aangeskaf nie en al my diensknegte was daar bymekaar om toesig te hou oor die werk.

17. Meer nog, daar was ’n honderd en vyftig edeles en heersers aan my tafel, behalwe hulle wat na ons gekom het van die nasies wat rondom ons is.

18. Die man wat die kos voorberei het, het dit elke dag vir die diensknegte wat kook gebring: een bees, ses vet skape; jaaroue bokke is ook vir ons voorberei en een uit elke tien dae, wyn in oorvloed. Tog het ek nie hiervoor die voorsiening gevra wat die goewerneur toekom nie, want die werk was swaar op hierdie mense.

19. O my God, onthou my ten goede, vir alles wat ek vir hierdie volk gedoen het!

Lees volledige hoofstuk Negemyah 5