hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. (14:2) Keer terug, o Yisra’el, na יהוה, jou God, want jy het gestruikel deur jou onregverdigheid.

2. (14:3) Neem woorde saam met julle en keer terug na יהוה. Sê vir Hom: “Verwyder alle onregverdigheid en ontvang ons goedgunstiglik sodat ons die vrug van ons lippe kan aanbied.

3. (14:4) “Ashur kan ons nie red nie, ons sal nie op perde ry nie en ons sal ook nie meer sê: ‘Ons god,’ vir die werk van ons hande nie, want in U vind die weeskind onverdiende guns.”

4. (14:5) Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle vrylik liefhê, want My woede het van hulle af weggedraai.

5. (14:6) Ek sal vir Yisra’el wees soos die dou; hy sal bloei soos die lelie en hy sal wortelskiet soos die L’vanon.

6. (14:7) Sy lote sal uitgroei en sy prag sal wees soos die olyfboom en sy geur soos die L’vanon.

7. (14:8) Die wat in Sy skaduwee leef, sal weer koring groei en hulle sal bloei soos die wingerdstok. Sy bekendheid sal wees soos die wyn van L’vanon.

8. (14:9) O Efrayim, wat het Ek nog met afgode te doen? Dit is Ek wat antwoord en na jou kyk. Ek is soos ’n weelderige Sipres; van My af kom jou vrug.

9. (14:10) Wie ook al wys is, laat hom hierdie dinge verstaan; wie ook al onderskeiding het, laat hom dit ken! Want die lewenswyse van יהוה is reg en die onpartydige en opregte sal daarin loop, maar die oortreders sal daarin struikel!