hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Laat jou mond soos ’n ramshoring word! Hy sal soos ’n arend afkom teen die huis van יהוה omdat hulle My verbond oortree en teen My wet rebelleer het.

2. Hulle roep uit na My: “My God, ons vanuit Yisra’el, ken U.”

3. Yisra’el het die goeie verwerp; die vyand sal hom agtervolg!

4. Húlle het konings aangestel, maar nie deur My nie; hulle het prinse aangestel, maar sonder My wete. Met hulle silwer en goud het hulle vir hulself afgode gemaak dat hulle afgesny mag word.

5. Hulle is deur jou kalf afvallig gemaak, o Shomron: “My woede brand teen hulle!” Hoe lank sal dit wees voordat hulle onskuldig verklaar kan word?

6. Want die afgodsbeeld kom vanaf Yisra’el! ’n Skrynwerker het dit gemaak. Dit is nie God nie, maar jou kalf, o Shomron, wat gemaak is vir misleiding,

7. want hulle saai die wind en maai die warrelwind. Die staande graan het geen halms nie; dit lewer geen graan op nie. As dit iets sou oplewer, sou vreemdelinge dit verslind.

8. Yisra’el word ingesluk; hulle is nou onder die nasies soos ’n houer waarin niemand vreugde vind nie,

9. want hulle het opgegaan na Ashur, alleen soos ’n wilde-donkie; Efrayim het gehuurde minnaars.

10. Alhoewel hulle oorgegee sal word aan die nasies, sal Ek hulle bymekaarmaak en hulle sal ’n rukkie rus van die laste van die konings en die prinse.

11. Sedert Efrayim altare vir sonde vermenigvuldig het, het hulleself altare van sonde vir hom geword.

12. Alhoewel Ek vir hom tien duisend voorskrifte van My wet neergeskryf het, word hulle as ’n vreemde ding beskou.

13. Wat My offergawes betref, offer hulle die vleis en eet dit, maar יהוה het geen behae in hulle nie. Nou sal Hy hulle onregverdigheid onthou en hulle straf vir hulle sondes; hulle sal teruggaan na Mitzrayim2 Kon 25:9; Yir 52:13

14. omdat Yisra’el sy Maker vergeet en paleise gebou het en Y’hudah versterkte stede vermenigvuldig het, maar Ek sal ’n vuur op sy stede stuur sodat dit sy paleiswonings mag verteer.