hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hoor hierdie, o priesters! Let op, o huis van Yisra’el! Luister, o huis van die koning, want die oordeel is op julle van toepassing omdat julle ’n vangstrik by Mitzpah was en ’n vangnet, wat uitgesprei was oor Tavor.

2. Die opstandiges het diep in boosheid weggeval, maar Ek sal hulle almal tugtig.

3. Ek ken Efrayim en Yisra’el is nie vir My weggesteek nie, want nou het jy gehoereer, o Efrayim, Yisra’el het homself onrein gemaak.

4. Hulle dade sal hulle nie toelaat om na hulle God terug te keer nie, want daar is ’n gees van hoerery in hulle en hulle het nie ’n verbondsverhouding met יהוה nie.

5. Meer nog, die trots van Yisra’el getuig teen hom en Yisra’el en Efrayim struikel in hulle onregverdigheid; Y’hudah het ook saam met hulle gestruikel.

6. Hulle sal met hulle kleinvee en hulle beeste gaan om na יהוה te soek, maar hulle sal Hom nie vind nie; Hy het van hulle af onttrek.

7. Hulle het verraderlik gehandel teen יהוה, want hulle het geboorte gegee aan buiteegtelike kinders. Nou sal die Nuwemaan hulle saam met hul land verteer.

8. Blaas die ramshoring in Giv’ah, die trompet in Ramah! Laat hoor die alarm by Beit-Aven: “Agter jou, Binyamin!”

9. Efrayim sal ’n verlatenheid onder die stamme van Yisra’el word op die dag van bestraffing; verklaar Ek wat seker is.Deut 27:17 Ek sal My toorn oor hulle uitgiet soos water.

10. Die prinse van Y’hudah het geword soos hulle wat ’n grenslyn skuif.

11. Efrayim is onderdruk, stukkend gebreek deur oordeel, want hy was vasbeslote om mense se opdragte uit te voer;

12. daarom is Ek vir Efrayim soos ’n mot en vir die huis van Y’hudah soos ’n verrotting.

13. Toe Efrayim sy siekte sien en Y’hudah sy wond, het Efrayim na Ashur gegaan en gestuur na koning Yarev, maar hy is nie in staat om julle te genees of julle van julle wond gesond te maak nie,

14. want Ek is soos ’n leeu vir Efrayim en soos ’n jong leeu vir die huis van Y’hudah. Ek, Ek sal verskeur en weggaan, Ek sal wegdra en daar sal niemand wees om te bevry nie.

15. Ek sal weggaan, terugkeer na My plek toe totdat hulle hul skuld erken en My Teenwoordigheid soek. In hulle pyniging sal hulle My ernstig soek.