Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 1:9-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Vashti, die koningin, het ook ’n groot fees vir al die vroue in die koninklike huis van koning Agashverosh gehou.

10. Op die sewende dag, toe die innerlike van die koning vrolik was van die wyn, het hy die lyfknegte, Mehuman, Bizta, Harvona, Bigta, Avagta, Zetar en Karkas, wat in die teenwoordigheid van koning Agashverosh gedien het, beveel

11. om koningin Vashti met die koninklike kroon voor die koning te bring om haar skoonheid aan die mense en die prinse te wys, want sy was mooi om na te kyk,

12. maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur die lyfknegte; daarom was die koning woedend en sy woede het in hom gebrand.

13. Toe het die koning met die wyse manne, die kenners van die tye, gepraat, want dit was die koning se gebruik, hy het sake bespreek in die teenwoordigheid van almal wat die wet en die reg geken het

14. en die wat naaste aan hom was, was Karshna, Shetar, Admata, Tarshish, Meres, Marsna en Memukhan, die sewe prinse van die Perse en die Mede wat in die teenwoordigheid van die koning gesit het en wat voor hom gesien is by die poort van die koninklike paleis.

15. “Wat sal ons volgens wet aan koningin Vashti doen omdat sy nie die opdrag van koning Agashverosh, deur sy lyfknegte gegee, uitgevoer het nie?”

16. Memukhan het voor die koning en die prinse gesê: “ Vashti, die koningin, het nie alleen verkeerd gedoen teenoor die koning nie, maar ook teenoor al die prinse en al die mense wat in al die provinsies van koning Agashverosh is,

17. want hierdie daad van die koningin sal al die vroue bereik sodat hulle mans in hul oë veragtelik sal wees en hulle sal sê: “Koning Agashverosh het bevel gegee om koningin Vashti voor hom in te bring, maar sy het nie gekom nie.”

18. Hierdie selfde dag nog sal al die prinsesse van die Perse en die Mede, wat van die daad van die koningin gehoor het, dit aan al die prinse van die koning vertel. So sal daar baie veragting en woede wees!

19. As dit die koning tevrede stel, laat daar ’n koninklike bevel van hom af uitgaan en geskryf word in die wette van die Mede en die Perse sodat dit nie verander kan word nie dat Vashti, die koningin, nie meer na koning Agashverosh mag kom nie en laat die koning haar koninklike posisie gee aan ’n ander wat beter is as sy

Lees volledige hoofstuk Ester 1