Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 2:7-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: “Sal ek vir u ’n vrou wat voed uit die Hebreeuse vroue gaan roep sodat sy vir u die seuntjie kan versorg?”

8. Farao se dogter antwoord haar: “Gaan.” Die jong meisie het geloop en die seun se moeder geroep.

9. Farao se dogter sê vir haar: “Vat hierdie seun en voed hom vir my en ek sal jou loon vir jou gee.” Die vrou het die seun gevat en hom gevoed.

10. Die seun het gegroei en sy het hom na Farao se dogter gebring en hy het haar seun geword. Sy het hom Moshe genoem en gesê: “Ek het hom uit die water uitgehaal.”

11. Dit het gebeur in dié dae toe Moshe al opgegroei het dat hy na sy broers uitgegaan en hulle laste gesien het. Hy het gesien hoe ’n Mitzrayiet ’n Hebreër, een van sy broers, slaan.

12. Hy het hierdie kant en daardie kant gekyk en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Mitzrayiet doodgemaak en hom in die sand weggesteek.

13. Hy het die volgende dag uitgegaan en let op, twee Hebreërs baklei met mekaar en hy vra vir die bose oortreder: “Waarom slaan jy die ander persoon?”

14. Hy antwoord: “Wie het jou as heerser en regter oor ons aangestel? Beplan jy om my dood te slaan soos jy die Mitzrayiet doodgemaak het?” Moshe was bang en het gesê: “Waarlik, die ding is bekend!”Hand 7:28

15. Toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moshe dood te maak, maar Moshe het van Farao af weggevlug en in die land Midyan gaan woon en hy het by ’n put gesit.

16. Die nie-Levitiese priester van Midyan het sewe dogters gehad en hulle het gekom en water getrek en die drinkbakke vol gemaak om hulle vader se kleinvee te laat drink.

17. Die herders het gekom en hulle weggedryf, maar Moshe het opgestaan en hulle gehelp en hulle vee laat drink.

18. Toe hulle by hul vader Re’u’el kom, sê hy: “Waarom het julle vandag so gou gemaak?”

19. Hulle antwoord: “’n Mitzrayiet het ons uit die hand van die herders verlos en wat meer is, ook vir ons water getrek en die vee laat drink.”

20. Hy sê vir sy dogters: “Waar is hy dan? Waarom het julle die man daar laat staan? Nooi hom dat hy iets kan eet.”

21. Moshe het ingewillig om by die man te bly en hy het sy dogter Tzipporah vir Moshe gegee.

22. Sy het vir hom geboorte gegee aan ’n seun en hy het sy naam Gershom genoem, want hy het gesê: ‘Ek het ’n besoeker in ’n vreemde land geword.’Hand 7:29

Lees volledige hoofstuk Eksodus 2