Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 4:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Ish-Boshet, die seun van Sha’ul, hoor dat Avner in Hevron gesterf het, het hy moed verloor en die hele Yisra’el was omgekrap.

2. Die seun van Sha’ul het twee manne, bevelvoerders van groepe, gehad: die naam van die een was Ba’anah en die naam van die ander Rekhav, seuns van Rimmon, die Be’erotiet, van die seuns van Binyamin, want Be’erot is ook as deel van Binyamin gereken.

3. Die Be’erotiete het na Gittayim gevlug en is vreemdelinge daar tot vandag toe.

4. Y’honatan, die seun van Sha’ul, het ’n seun gehad, lam aan sy voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Sha’ul en Y’honatan uit Yizre’el gekom het en sy oppasser het hom opgetel en gevlug. Dit het gebeur in haar haastigheid om te vlug dat hy geval en lam geword het en sy naam was M’fivoshet.

5. Die seuns van Rimmon, die Be’erotiete, Ba’anah en Rekhav, het gegaan en by die huis van Ish-Boshet gekom op die warmste van die dag terwyl hy sy middagrus neem.

6. Hulle het na die middel van die huis gegaan en die seuns van boosheid het hom in die onderlyf gesteek en Ba’anah en Rekhav, sy broer, het ontsnap,

7. want toe hulle in die huis ingegaan het, het hy op sy bed in sy slaapkamer gelê. Hulle het hom doodgeslaan, sy kop afgekap en sy kop gevat en die hele nag deur deur die `Aravah (vlakte) gevlug.

8. Toe het hulle die kop van Ish-Boshet na Dawid in Hevron gebring en vir die koning gesê: “Let op, die kop van Ish-Boshet, die seun van Sha’ul, u vyand, wat u lewe gesoek het; so het יהוה aan my meester die koning vandag wraak gegee op Sha’ul en sy nageslag.”

9. Dawid antwoord Ba’anah en Rekhav, sy broer, die seuns van Rimmon, die Be’erotiete en sê vir hulle: “So waar as יהוה leef wat my lewe uit alle benoudheid verlos het,

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 4