Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 21:12-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. het Dawid gegaan en die bene van Sha’ul en die bene van sy seun Y’honatan van die manne van Javesh-Gil’ad gaan haal, wat dit van die oop plein van Beit-Shan gesteel het, waar die F’lishtyne hulle opgehang het op die dag toe die F’lishtyne Sha’ul op Gilboa verslaan het.

13. Hy het die bene van Sha’ul en die bene van sy seun Y’honatan daarvandaan gebring en hulle het die bene van dié wat opgehang is, bymekaargemaak.

14. Hulle het die bene van Sha’ul en sy seun Y’honatan in die land van Binyamin, in Tzela, in die graf van sy vader Kish begrawe; so het hulle alles gedoen wat die koning beveel het en daarna is God deur gebed beweeg vir die land.

15. Toe die F’lishtyne weer in oorlog was met Yisra’el, het Dawid afgegaan en sy diensknegte saam met hom en terwyl hulle teen die F’lishtyne geveg het, het Dawid moeg geword.

16. Toe het Yishbi-B’nov, wat onder die nageslag van die reuse was, wie se spies se gewig drie honderd sikkels koper in gewig was en omgord was met ’n nuwe swaard, gedink om Dawid dood te maak,

17. maar Avishai, die seun van Tz’ruyah, het hom gehelp en die F’lishtyn verslaan en hom doodgemaak. Toe het die manne van Dawid tot hom gesweer en gesê: “U sal nie weer saam met ons uitgaan na die geveg nie sodat u nie die lamp van Yisra’el uitblus nie.”

18. Dit het gebeur na hierdie dat daar weer oorlog was met die F’lishtyne in Gov. Toe het Sibkhai, die Hushatiet, vir Saf, wat onder die nageslag van die reuse was, verslaan.

19. Daar was weer oorlog met die F’lishtyne in Gov en Elganan, die seun van Ya’arei-Orgim, uit Beit-Legem, het Golyat, die Gittiet, wie se spiessteel soos ’n wewersbalk was, verslaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 21