Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 20:9-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Yo’av sê vir `Amasa: “Gaan dit goed met jou, my broer?” Yo’av het `Amasa met die regterhand aan die baard gegryp om hom te soen,

10. maar `Amasa was nie op sy hoede vir die swaard wat in Yo’av se hand was nie. Toe steek hy hom daarmee in die maag en stort sy ingewande op die grond uit en hy het hom nie ’n tweede keer gesteek nie en hy is dood. Toe het Yo’av en sy broer, Avishai, vir Sh’va, die seun van Bikhri, agternagejaag.

11. Daar het by hom een van Yo’av se jongmanne gestaan en gesê: “Wie ook al vir Yo’av kies en wie ook al vir Dawid is, volg vir Yo’av!”

12. `Amasa het egter in die middel van die hoofpad in sy bloed rondgerol en toe die man sien dat elkeen van die manne stil staan wanneer hulle by hom verbykom, het hy `Amasa uit die pad uit verwyder in die veld in en ’n kleed oor hom gegooi.

13. Sodra hy van die hoofpad af verwyder is, het al die manne verbygegaan agter Yo’av aan om Sh’va, die seun van Bikhri, agterna te jaag.

14. Hy het deur al die stamme van Yisra’el getrek na Avel, Beit-Ma’akhah en die hele Berim en hulle is bymekaargemaak en het ook agter hom aan gegaan.

15. Hulle het gekom en hom in Abel-Beit-Ma’akhah beleër en ’n wal teen die stad opgegooi, wat teen die skanse opgerys het. Al die manskappe wat by Yo’av was, het verwoesting gesaai om die muur te laat val.

16. Toe roep ’n wyse vrou vanuit die stad: “Luister, luister! Sê asseblief vir Yo’av: ‘Kom hier dat ek met u kan praat.’”

17. Hy het haar genader en die vrou sê: “Is u Yo’av?” Hy antwoord: “Ek is.” Toe sê sy vir hom: “Hoor die woorde van u dienares.” Hy antwoord: “Ek luister.”

18. Toe praat sy en sê: “Vroeër was hulle gewoond om te sê: ‘Hulle sal sekerlik advies soek by Avel!’ en so het hulle ’n verskil afgehandel.

19. Ek is een van die vredeliewendes en getroues in Yisra’el. U is daarop uit om ’n stad te vernietig, selfs ’n moeder in Yisra’el. Waarom wil u die erfenis van יהוה verteer?”

20. Yo’av antwoord: “Dit is ver, ver van my dat ek sou verslind of vernietig!

21. Die saak is nie so nie, maar ’n man van die bergland van Efrayim, Sh’va, die seun van Bikhri, het sy hand opgelig teen koning Dawid. Lewer hom slegs uit, dan sal ek van die stad af wegtrek.” Die vrou sê vir Yo’av: “Let op, sy kop sal oor die muur na u toe gegooi word.”

22. Toe het die vrou in wysheid na die hele volk gekom en hulle het die kop van Sh’va, die seun van Bikhri, afgekap en dit na Yo’av gegooi. Toe het hy die ramshoring geblaas en hulle het uitmekaar gespat, weg van die stad af, elkeen na sy tent. Yo’av het ook na Yerushalayim, na die koning toe teruggegaan.

23. Yo’av was oor die hele leër van Yisra’el en B’nayah, die seun van Y’hoyada, oor die persoonlike wagte en oor die boodskappers

24. en Adoram was oor die dwangarbeid en Y’hoshafat, die seun van Agilud, was die griffier.

25. Sh’va was skrywer en Tzadok en Avyatar priesters

26. en `Ira, die Ya’iriet, was ’n bedienaar by Dawid.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 20