Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 18:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Dawid die manne getel wat by hom was en bevelvoerders oor duisend en bevelvoerders oor honderd oor hulle aangestel.

2. Dawid het die manne uitgestuur: ’n derde deel onder bevel van Yo’av, ’n derde onder Avishai, die seun van Tz’ruyah, die broer van Yo’av en ’n derde onder Ittai, die Gittiet en die koning het vir die manne gesê: “Ek sal sekerlik ook saam met julle uitgaan.”

3. Die manne het egter gesê: “U mag nie uittrek nie, want as ons moet vlug, sal hulle nie oor ons omgee nie; selfs al sterf die helfte van ons, hulle sal nie oor ons omgee nie, maar u is tien duisend van ons werd; daarom is dit nou beter dat u gereed is om ons van die stad af te help.

4. Toe sê die koning vir hulle: “Wat vir julle die beste is, sal ek doen.” Die koning het langs die poort gestaan en al die manne het uitgegaan in honderde en in duisende.

5. Die koning het Yo’av, Avishai en Ittai beveel en gesê: “Werk sagkens met die jongman, Avshalom, vir my onthalwe. Al die manne het gehoor toe die koning aan al die bevelvoerders bevel gee aangaande Avshalom.

6. Toe gaan die manne uit, die veld in, teen Yisra’el en die geveg het plaasgevind in die woud van Efrayim.

7. Die manne van Yisra’el is daar voor die diensknegte van Dawid verslaan en die slagting was dié dag daar groot, twintig duisend man,

8. want die geveg is daar uitgesprei oor die hele platteland en die woud het daardie dag meer mense verteer as wat die swaard verteer het.

9. Avshalom het onverwags die diensknegte van Dawid ontmoet, want Avshalom het op sy muil gery en die muil het onder die digte takke van ’n groot eikeboom ingegaan en sy kop het in die eikeboom vasgehaak sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het terwyl die muil, wat onder hom was, aanhou loop het.

10. Toe ’n sekere man dit sien, het hy Yo’av vertel en gesê: “Let op, ek het Avshalom in ’n eikeboom sien hang.”

11. Toe sê Yo’av vir die man wat hom vertel het: “Nou, let op, het jy gesíen!? Waarom het jy hom dan nie daar teen die grond neergeslaan nie? Ek sou vir jou tien silwerstukke en ’n gordel gegee het.”

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 18