Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 17:8-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Verder het Hushai gesê: “U ken u vader en sy manne dat hulle magtige manne is en verbete, soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader ’n deskundige in oorlogvoering en hy sal nie die nag by die mense deurbring nie.

9. Let op, hy het homself versteek in een van die grotte of in ’n ander plek en dit sal wees dat, as hy hulle oorval by die eerste aanval, wie ook al dit hoor sal sê: ‘Daar was ’n slagting onder die manne wat Avshalom volg!’

10. Selfs die een wat dapper is, wie se hart ’n leeu se hart is, sal heeltemal moed verloor, want die hele Yisra’el weet dat u vader ’n magtige man is en dat die manne by hom dapper is,

11. maar ek adviseer dat die hele Yisra’el, van Dan tot by Be’er-Sh’va, so oorvloedig soos die sand wat aan die seestrand is, sekerlik by u bymekaargebring word en dat u persoonlik in die geveg tree.

12. So sal ons op hom afkom in een van die plekke waar hy hom bevind en ons sal hom oorval soos die dou op die aarde val en van hom en van al die manne wat by hom is, sal selfs nie een oorbly nie.

13. As hy in ’n stad terugtrek, moet die hele Yisra’el toue na daardie stad toe bring en ons sal dit in die vallei in sleep totdat daar selfs nie ’n klein klippie te vinde is nie.”

14. Toe sê Avshalom en al die manne van Yisra’el: “Die advies van Hushai, die Arkiet, is beter as die advies van Agitofel,” want יהוה het beskik om die goeie advies van Agitofel te verydel sodat יהוה katastrofe oor Avshalom kon bring.

15. Toe sê Hushai vir Tzadok en Avyatar, die priesters: “Dit is wat Agitofel Avshalom en die oudstes van Yisra’el geadviseer het, maar dít het ek geadviseer.

16. Nou, daarom, stuur gou en laat Dawid weet: “Moenie oornag by die driwwe van die wildernis nie, maar gaan sekerlik oor; anders sal die koning en al die mense wat by hom is, vernietig word.”

17. Y’honatan en Agima’atz het by `Ein-Rogel gebly en ’n diensmeisie sou gaan om hulle te vertel en hulle moes dan gaan en dit aan koning Dawid vertel, want hulle kon nie gesien word dat hulle die stad binnegaan nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 17