Ou Testament

Nuwe Testament

2 Sh'mu'el 17:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Verder het Agitofel vir Avshalom gesê: “Laat my asseblief twaalf duisend man kies sodat ek kan opstaan en Dawid vannag agtervolg.

2. Ek sal op hom afkom terwyl hy moeg en uitgeput is en hom verskrik sodat al die mense vlug wat by hom is. Dan sal ek slegs die koning neerslaan

3. en ek sal die hele volk na u toe terugbring. Die terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede wees.”

4. Die plan was goed in die oë van Avshalom en al die oudstes van Yisra’el.

5. Toe het Avshalom gesê: “Roep nou ook vir Hushai, die Arkiet en laat ons ook hoor wat hy te sê het.”

6. Toe Hushai by Avshalom gekom het, het Avshalom vir hom gesê: “So het Agitofel gepraat. Sal ons sy plan uitvoer? So nie, praat jy dan.”

7. Hushai sê vir Avshalom: “Die advies wat Agitofel hierdie keer gegee het, is nie goed nie.”

8. Verder het Hushai gesê: “U ken u vader en sy manne dat hulle magtige manne is en verbete, soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader ’n deskundige in oorlogvoering en hy sal nie die nag by die mense deurbring nie.

9. Let op, hy het homself versteek in een van die grotte of in ’n ander plek en dit sal wees dat, as hy hulle oorval by die eerste aanval, wie ook al dit hoor sal sê: ‘Daar was ’n slagting onder die manne wat Avshalom volg!’

10. Selfs die een wat dapper is, wie se hart ’n leeu se hart is, sal heeltemal moed verloor, want die hele Yisra’el weet dat u vader ’n magtige man is en dat die manne by hom dapper is,

11. maar ek adviseer dat die hele Yisra’el, van Dan tot by Be’er-Sh’va, so oorvloedig soos die sand wat aan die seestrand is, sekerlik by u bymekaargebring word en dat u persoonlik in die geveg tree.

12. So sal ons op hom afkom in een van die plekke waar hy hom bevind en ons sal hom oorval soos die dou op die aarde val en van hom en van al die manne wat by hom is, sal selfs nie een oorbly nie.

13. As hy in ’n stad terugtrek, moet die hele Yisra’el toue na daardie stad toe bring en ons sal dit in die vallei in sleep totdat daar selfs nie ’n klein klippie te vinde is nie.”

14. Toe sê Avshalom en al die manne van Yisra’el: “Die advies van Hushai, die Arkiet, is beter as die advies van Agitofel,” want יהוה het beskik om die goeie advies van Agitofel te verydel sodat יהוה katastrofe oor Avshalom kon bring.

15. Toe sê Hushai vir Tzadok en Avyatar, die priesters: “Dit is wat Agitofel Avshalom en die oudstes van Yisra’el geadviseer het, maar dít het ek geadviseer.

Lees volledige hoofstuk 2 Sh'mu'el 17