Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 18:11-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. So het al die profete geprofeteer en gesê: “Gaan op na Ramot-Gil’ad en triomfeer, want יהוה sal u vyande in u hand gee, o koning.

12. Die boodskapper wat gegaan het om Mikhay’hu te roep, het met hom gepraat en gesê: “Let op, die woorde van die profete het uit een mond goed verklaar vir die koning, laat jou woord dus nou aangenaam wees, soos een van hulle en profeteer ook goed.”

13. Mikhay’hu het gesê: “So waar as יהוה-God leef, wat my God in my verstand, wil en emosie sit, dit sal ek sê!”

14. Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: “Mikhay’hu, sal ons na RamotGil’ad gaan om te veg, of sal ek dit laat verbygaan?” Hy antwoord: “Gaan op en triomfeer en hulle sal in julle hand oorgegee word.”

15. Die koning sê vir hom: “Hoeveel maal moet ek jou smeek dat jy niks behalwe die waarheid, in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, vir my sal sê nie?”

16. Toe antwoord hy: “Ek het die hele Yisra’el op die berge verstrooid gesien, soos skape wat geen wagter het nie en יהוה het gesê: ‘Hulle het geen koning nie; laat elkeen van hulle dus in vrede teruggaan na sy huis toe.”

17. Toe sê die koning van Yisra’el vir Y’hoshafat: “Het ek u nie vertel dat hy niks goeds oor my wil profeteer nie, maar kwaad?”

18. Toe sê Mikhay’hu: “Hoor en luister daarom na die boodskap van יהוה: ek het יהוה sien sit op Sy troon en al die hemelse leërmagte staan aan sy regter- en aan sy linkerhand.

19. יהוה het gesê: ‘Wie sal vir Ag’av, die koning van Yisra’el, uitlok, dat hy kan opgaan en neergevel word by Ramot-Gil’ad?’ Een het gesê ek sal hom op hierdie manier uitlok en die ander op daardie manier.

20. Toe kom daar ’n gees uit en staan in die Teenwoordigheid van יהוה en sê: ‘Ek sal hom uitlok.’ יהוה vra vir hom: ‘Waarmee?’

21. Hy antwoord: ‘Ek sal uitgaan en ’n leuengees wees in die mond van al sy profete.’ יהוה sê: ‘Jy sal hom uitlok en ook oorwin; gaan uit en doen volgens wat jy gesê het.’

22. Nou, daarom, let op, יהוה het ’n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee terwyl יהוה onheil oor u verklaar het.”

23. Toe het Tzidkiyah, die seun van ’n Kena’anitiese vrou, nader gekom en vir Mikhay’hu op sy wang geslaan en gesê: “Van wanneer af het die Gees van יהוה van my af weggegaan om met jou te praat?”

24. Mikhay’hu antwoord: “Let op, jy sal dit sien op dieselfde dag wat jy in die binneste kamer ingaan om weg te kruip.”1 Kon 22:26

25. Toe sê die koning van Yisra’el: “Vat vir Mikhay’hu en hou hom in die huis van Amon, die goewerneur van die stad en in die huis van Yo’ash, die seun van die koning

26. en sê: ‘So sê die koning: “Sit hierdie man in die gevangenis en voer hom met brood en water van verdrukking (spaarsamig) totdat ek in vrede terugkom.”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 18