Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 17:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle het vir hulself pilare en Asherah beelde opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom

11. en daar het hulle wierook gebrand op al die hoë plekke, soos die nasies wat יהוה voor hulle uit weggevoer het, gedoen het en hulle het bose dinge gedoen om יהוה uit te tart.

12. Hulle het afgode gedien, waarvan יהוה vir hulle gesê het: “Julle mag dit nie doen nie.”

13. Tog het יהוה Yisra’el en Y’hudah gewaarsku deur al Sy profete en elke siener en gesê: “Draai weg van julle bose dade en onderhou My opdragte, My instellings, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het en wat Ek vir julle gestuur het deur My diensknegte, die profete.”

14. Nietemin, hulle het nie geluister nie en hul nek styf gemaak soos hulle vaders wat nie op יהוה, hulle God, vertrou het nie.

15. Hulle het Sy instellings en Sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit en Sy waarskuwings waarmee Hy hulle gewaarsku het en agter nietighede aangeloop en nietig geword en agter die nasies aangegaan wat rondom hulle was, van wie יהוה hulle beveel het om nie soos hulle te doen nie.

16. Hulle het al die opdragte van יהוה, hulle God, verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak en ’n Asherah en die hele leër van die hemel aanbid en Ba’al gedien.Lev 18:21; Lev 20:2-5 en waarsêery en towery gepraktiseer en hulleself verkoop om boosheid te doen in die oë van יהוה, om Hom uit te tart.

17. Toe het hulle hul seuns en hul dogters deur die vuur laat gaan

18. So het יהוה dan baie kwaad geword vir Yisra’el en hulle van Sy Teenwoordigheid af verwyder; niemand het oorgebly nie behalwe die stam van Y’hudah.

19. Ook Y’hudah het die opdragte van יהוה, hulle God, nie gehou nie, maar geloop in die tradisies wat Yisra’el ingestel het.

20. יהוה het die hele nageslag van Yisra’el verwerp en hulle geteister en hulle in die hand van plunderaars oorgegee totdat Hy hulle uit Sy sig uit weggegooi het.

21. Toe Hy Yisra’el van die huis van Dawid afgeskeur het, het hulle Yarov’am, die seun van N’vat, koning gemaak. Toe het Yarov’am Yisra’el weggedryf daarvan om יהוה te volg en hulle ’n groot sonde laat doen.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 17