Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 7:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Vanaf die dag dat die ark in Kiryat-Ye’arim gekom het, het daar ’n lang tyd verloop, want dit was twintig jaar en die hele huis van Yisra’el het agter יהוה aan geweeklaag.

3. Toe het Sh’mu’el met die hele huis van Yisra’el gepraat en gesê: “As julle met jul hele verstand, wil en emosie terugdraai na יהוה, die vreemde gode en die `Ashtarot tussen julle uit verwyder en julle verstand, wil en emosie op יהוה rig en Hom alleen dien, sal Hy julle bevry uit die hand van die F’lishtyne.”

4. Die seuns van Yisra’el het die Ba’als en die `Ashtarot verwyder en יהוה alleen gedien.

5. Toe het Sh’mu’el gesê: “Versamel die hele Yisra’el by Mitzpah en ek sal tot יהוה vir julle bid.”

6. Hulle het by Mitzpah bymekaargekom, water opgetrek en dit voor die Teenwoordigheid van יהוה uitgegiet en op daardie dag gevas en daar gesê: “Ons het gesondig teen יהוה.” Sh’mu’el het die seuns van Yisra’el by Mitzpah gerig.

7. Toe die F’lishtyne hoor dat die seuns van Yisra’el by Mitzpah bymekaargekom het, het die meesters van die F’lishtyne teen Yisra’el opgetrek en toe die seuns van Yisra’el dit hoor, was hulle bang vir die F’lishtyne.

8. Toe sê die seuns van Yisra’el vir Sh’mu’el: “Moenie ophou om na יהוה, ons God, uit te roep namens ons nie dat Hy ons uit die hand van die F’lishtyne mag red.”

9. Sh’mu’el het ’n suiglam gevat en dit as ’n volkome brandoffer aan יהוה geoffer en Sh’mu’el het tot יהוה uitgeroep namens Yisra’el en יהוה het hom geantwoord.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 7