Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 26:18-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Hy het ook gesê: “Waarom agtervolg my meester dan sy dienskneg? Want wat het ek gedoen of watter boosheid is in my hand?

19. Laat my meester, die koning asseblief luister na die woorde van sy dienskneg. As יהוה u teen my aangehits het, laat Hom ’n offer aanvaar, maar as dit mense is: vervloek is hulle voor die Teenwoordigheid van יהוה, want hulle het my vandag uitgedryf sodat ek geen verbintenis met die erfenis van יהוה het nie deurdat hulle sê: “Gaan, dien ander gode!”

20. Nou dan, moenie my bloed op die grond laat val ver van die Teenwoordigheid van יהוה nie, want die koning van Yisra’el het uitgekom om een vlooi te soek, net soos ’n man ’n patrys in die berge agtervolg.”

21. Toe sê Sha’ul: “Ek het gesondig; kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou nie weer kwaad aandoen nie omdat my lewe vandag kosbaar was in jou oë; let op, ek het dwaas gehandel en ’n groot fout gemaak.”

22. Dawid antwoord: “Let op, die spies van die koning! Laat nou een van die jongmanne oorkom en dit haal.

23. יהוה sal elkeen terugbetaal vir sy onpartydige opregtheid en vir sy getrouheid, want יהוה het u vandag in my hand oorgegee, maar ek het geweier om my hand teen die gesalfde van יהוה uit te steek.

24. Let nou op, soos u lewe vandag in my oë as kosbaar beskou is, mag so my lewe kosbaar geag word in die oë van יהוה en mag Hy my bevry uit elke benoudheid.”

25. Toe sê Sha’ul vir Dawid: “Geseënd is jy, my seun Dawid! Jy sal baie verrig en sekerlik seëvier.” Dawid het op sy pad gegaan en Sha’ul het na sy plek toe teruggekeer.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 26