Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 5:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hiram, die koning van Tzor, het sy diensknegte na Shlomo gestuur toe hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het, want Hiram was altyd ’n vriend van Dawid.

2. Daarop laat Shlomo vir Hiram weet en sê:Rom 16:20

3. “U weet dat my vader Dawid geen huis vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, sy God, kon bou nie vanweë die oorloë wat hom omring het totdat יהוה hulle onder sy voetsole gesit het (aan hom onderwerp het),

4. maar nou het יהוה, my God, my rus gegee aan elke kant; daar is geen teëstander of teëspoed nie.

5. Let op, ek beplan om vir die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, my God, ’n huis te bou soos יהוה met my vader Dawid gepraat en gesê het: ‘Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir My Karakter en Outoriteit (Naam) bou.’

6. Nou, daarom, beveel dat hulle vir my seders uit die L’vanon kap en laat my diensknegte saam met u diensknegte wees en ek sal vir u die lone van u diensknegte gee volgens alles wat u sê, want u weet dat onder ons niemand is wat weet hoe om bome te kap soos die Tzidoniete nie.”

7. Toe Hiram die woorde van Shlomo hoor, was hy baie bly en het gesê: “Geseënd is יהוה vandag wat vir Dawid ’n wyse seun oor hierdie groot volk gegee het.”

8. Hiram laat weet vir Shlomo en sê: “Ek het die boodskap gehoor wat u vir my gestuur het; ék sal doen alles wat u begeer aangaande die sederhout en die sipreshout.

9. My diensknegte sal dit van die L’vanon afbring na die see en ék sal hulle daar in vlotte maak op die see, tot by die plek wat u my sal wys en ek sal dit daar uitmekaar laat haal en ú sal dit laat wegdra. Dan sal ú my behoefte vervul deur kos aan my huishouding te gee.”

10. So het Hiram dan vir Shlomo sederhout en sipreshout gegee, soveel as wat hy wou hê.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 5