Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 3:19-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Hierdie vrou se seun het in die nag gesterf omdat sy op hom gelê het.

20. Sy staan toe in die middel van die nag op en vat my seun van langs my weg terwyl u dienares slaap en sit hom aan haar bors en lê haar dooie seun aan my bors.

21. Toe ek die oggend opstaan om my seun te versorg, let op, hy is dood, maar toe ek in die oggend versigtig na hom kyk, let op, hy was nie my seun, waaraan ek geboorte gegee het nie!”

22. Toe sê die ander vrou: “Dit is nie so nie, want die lewendige een is my seun en die dooie is jou seun.” Die eerste vrou sê egter: “Nee, want die dooie een is jou seun en die lewendige een is my seun.” So het hulle voor die koning gepraat.

23. Die koning het gesê: “Die een sê: ‘Hierdie is my seun wat lewe en jou seun is die dooie een;’ en die ander sê: ‘Nee, want die dooie een is jou seun en my seun die lewendige een.’

24. Toe sê die koning: “Bring vir my ’n swaard!” Hulle het ’n swaard voor die koning gebring.

25. Die koning het gesê: “Verdeel die lewendige seun in twee en gee die helfte vir die een en die helfte vir die ander.”

26. Toe praat die vrou, wie se kind lewendig was, met die koning, want sy was diep ontroerd oor haar seun en sê: “Ag, my meester, gee vir haar die lewendige kind en maak hom nie dood nie!” Die ander een het egter gesê: “Hy sal nie myne of joune wees nie; verdeel hom!”

27. Toe sê die koning: “Gee die lewendige kind aan die eerste vrou en maak hom in geen geval dood nie. Sy is die moeder.”

28. Toe die hele Yisra’el hoor van die oordeel wat die koning uitgespreek het, was hulle bang vir die koning, want hulle het gesien dat die wysheid van God, om reg te laat geskied, in hom was.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 3