Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:4-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. sodat יהוה Sy beloftes kan uitvoer wat Hy aangaande my gesê het, naamlik: ‘As jou seuns versigtig is op hulle pad deur voor My in waarheid te loop met hulle hele gees en met hulle hele verstand, wil en emosie, sal daar nie vir jou ’n man op die troon van Yisra’el ontbreek nie.’

5. Jy weet ook wat Yo’av, die seun van Tz’ruyah, aan my gedoen het; wat hy aan die twee bevelvoerders van die leër van Yisra’el, Avner, die seun van Ner en `Amasa, die seun van Yeter, gedoen het; wat hy vermoor het en ook oorlogsbloed in vredestyd vergiet het en hy het die oorlogsbloed op sy gordel om sy heupe en op die sandale aan sy voete gesit.

6. Tree op volgens jou wysheid en moenie sy grys hare in vrede in Sh’ol laat afgaan nie,

7. maar wys goedheid aan die seuns van Barzillai, die Gil’adiet en laat hulle wees onder dié wat aan jou tafel eet, want hulle het my bygestaan toe ek vir jou broer Avshalom gevlug het.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2