Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 2:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle was vol vreugde om die ster te sien.

11. Hulle het die huis ingegaan en die Seun by Miryam, sy moeder, gesien en neergeval en Hom aanbid. Hulle het hulle skatte oopgemaak en vir Hom geskenke van goud, mirre en wierook aangebied.

12. Hulle is in ’n droom gewaarsku om nie na Herodes terug te gaan nie en hulle het met ’n ander pad na hulle land toe teruggegaan.

13. Nadat hulle weg is, verskyn daar ’n boodskapper van יהוה in ’n droom aan Yosef en sê: “Staan op, neem die kind en sy moeder en vlug na Mitzrayim en bly daar totdat ek vir jou sal sê, want Herodes gaan die kind soek om Hom te vernietig.”

14. Hy het opgestaan, die kind en sy moeder in die nag geneem en na Mitzrayim gevlug,Hos 11:1 “Uit Mitzrayim het Ek My Seun geroep.”

15. waar hy gebly het tot Herodes se dood. Dit het gebeur dat die woord vervul sou word wat יהוה deur die profete gegee het:

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 2