Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 10:23-36 Die Boodskap (DB)

23. Hosea, Gananja, Gassub,

24. Loges, Pilga, Sobek,

25. Regum, Gasabna, Maäseja,

26. Agija, Ganan, Anan,

27. Malluk, Garim en Baäna.

28. Die res van die volk, die priesters, Leviete, tempelwagte, sangers en die ander tempelwerkers en al die ander mense wat hulle bande met die heidenvolke verbreek het om God te dien, asook hulle vroue en kinders, almal wat oud genoeg was om self ’n besluit te kon neem,

29. het hulle leiers se voorbeeld gevolg. Hulle het ’n eed afgelê om volgens die Here se wil te leef soos Hy dit deur sy dienaar Moses bekendgemaak het. Verder het hulle ook belowe om al die Here ons God se voorskrifte te gehoorsaam.

30. Dit is wat hulle belowe het: “Ons sal nie ons kinders toelaat om met die kinders van die mense van hierdie land wat U nie ken nie, te trou nie.

31. “Wanneer die ongelowiges hulle handelsware of koring op ’n sabbat of enige ander dag wat spesiaal aan die Here gewy word na ons toe bring, sal ons dit nie koop nie. “Ons sal ook elke sewende jaar nie ons landbougrond bewerk nie en ons sal almal se skuld kanselleer.

32. “Verder sal ons almal jaarliks vier gram silwer bydra vir die uitgawes om die woonplek van God in stand te hou.

33. Dit is nou vir die offerbrood, die gereelde graanoffer, die gereelde brandoffer van ’n lam in die oggend en ’n lam in die aand, ook vir die offers op die sabbat, nuwemaansfeeste en die ander jaarlikse feeste; vir die spesiaal afgesonderde dae wat aan die Here gewy word en vir die offers vir Israel se sondes om hulle verhouding met die Here in orde te kry; en ook vir al die ander werk in God se woning in Jerusalem.

34. “Ons sal op ’n rotasiebasis sorg dat die priesters, die Leviete en die volk volgens hulle families verantwoordelikheid neem om hout te voorsien vir die offers wat op die altaar van die Here ons God gebring word. Ons sal al die voorskrifte hieroor nakom.

35. “Ons sal elke jaar van die eerste graan wat ons oes en van die eerste vrugte wat ons van die vrugtebome afpluk tempel toe vat as ’n offer om vir die Here dankie te sê.

36. “Ons sal volgens die voorskrif van die Here se woord ons oudste seuns na die tempel toe vat en hulle daar aan die Here toewy deur die vasgestelde prys aan die tempel oor te betaal. Ons sal dieselfde doen met die eerstelinge van ons vee, ons beeste, sowel as ons kleinvee. Ons sal hulle vir die priesters bring wat in die tempel van ons God diens doen sodat hulle daarvan kan leef.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 10