Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 23:8-14 Die Boodskap (DB)

8. Bly altyd getrou aan die Here julle God soos julle tot nou toe was.

9. Die Here het groot en sterk nasies voor julle uit verdryf. Nie een van hulle was in staat om teen julle weerstand te bied nie.

10. Een van julle sou genoeg wees om ’n oormag aan te durf, nie omdat julle so sterk is nie, maar omdat die Here julle God aan julle kant is, net soos Hy belowe het.

11. “Ter wille van julleself moet julle die Here julle God liefhê.

12. As julle aan Hom ontrou word en by die ander nasies wat nog onder julle woon, gaan bly en hulle gewoontes aanleer en met hulle ondertrou,

13. moet julle vir seker weet dat die Here julle God julle nie langer sal beskerm nie. Trouens, hulle sal vir julle net so gevaarlik wees soos ’n strik vir ’n voël of ’n gat in die grond wat jy nie kan sien nie en waarin jy kan val en seerkry. As julle in hulle hande beland, sal dit voel of julle met ’n sweep geslaan word en of daar dorings in julle oë gevryf word. Dan sal julle permanent uit die land wat die Here julle God vir julle gegee het, weggejaag word.

14. “Ek gaan binnekort sterf soos enige ander mens. En julle weet baie goed dat die Here elke belofte wat Hy nog aan julle gemaak het, vervul het. Nie een van sy beloftes het onvervuld gebly nie.

Lees volledige hoofstuk Josua 23