Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 12:5-16 Die Boodskap (DB)

5. Sy koninkryk het gestrek van die berg Hermon af tot by Salka in die noorde en het ook die hele Basan in die ooste ingesluit. In die weste het Og se ryk gegrens aan die koninkryke van Gesur en Maäka. Hy het ook oor die ander helfte van Gilead regeer wat nie aan koning Sihon van Gesbon behoort het nie.

6. Moses, die dienaar van die Here, en die Israeliete het vroeër hierdie konings verslaan. Daarna het hy hierdie gebiede aan die stamme van Ruben en Gad en die helfte van die Manassestam as hulle eiendom gegee.

7. Die volgende is ’n lys van die konings wat Josua en die Israeliete aan die westekant van die Jordaan verslaan het, vanaf Baäl-Gad in die Libanonvallei tot by die Kaalberg wat na Seïr toe oploop. Josua het die gebied onder die stamme verdeel sodat hulle daar kon bly.

8. Dit het ingesluit die berggebiede, die laeveld, die Jordaanvallei, die oostelike hange en die woestyngebied tot in die suide. Dit was gebiede wat voorheen aan die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete behoort het.

9. Die Israeliete het die volgende stede se konings verslaan: Jerigo, Ai naby Bet-El,

10. Jerusalem, Hebron,

11. Jarmut, Lakis,

12. Eglon, Geser,

13. Debir, Geder,

14. Gorma, Arad,

15. Libna, Abdulam,

16. Makkeda, Bet-El,

Lees volledige hoofstuk Josua 12