Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 12:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Die Israeliete het in hierdie stadium reeds die hele gebied aan die oostekant van die Jordaan in besit geneem. Dit strek van die Arnonvallei op met die Jordaan tot so ver noord as die berg Hermon. Hulle het daar twee konings verslaan.

2. Daar was eerstens koning Sihon van die Amoriete, wat in Gesbon gebly en oor die helfte van Gilead regeer het. Sy gebied het gestrek vanaf Aroër op die rand van die Arnonvallei, deur die middel van die vallei tot by die Jabbokrivier wat die grens gevorm het met die Ammoniete se gebied.

3. Dit het ook die oostelike deel van die Jordaanvallei ingesluit, van die See van Gennesaret af suid tot by die Soutsee, van Bet-Jesimot af tot by die hange van die Pisgaberge.

4. Hulle het ook vir Og, die koning van Basan, verslaan. Hy was een van die laaste Refaïete en het in Astarot en Edreï regeer.

5. Sy koninkryk het gestrek van die berg Hermon af tot by Salka in die noorde en het ook die hele Basan in die ooste ingesluit. In die weste het Og se ryk gegrens aan die koninkryke van Gesur en Maäka. Hy het ook oor die ander helfte van Gilead regeer wat nie aan koning Sihon van Gesbon behoort het nie.

Lees volledige hoofstuk Josua 12