Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 7:13-21 Die Boodskap (DB)

13. Toe sê Jesaja: “Koning Agas, jy wat uit Dawid se nageslag kom, luister nou mooi: Is dit nie genoeg dat julle mense se geduld op die proef stel nie? Wil julle nou kyk hoe ver julle die Here se geduld ook kan beproef?

14. In elk geval, die Here sal self vir jou ’n teken gee: ’n jong vrou sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.

15. Hy sal net dikmelk en heuning hê om te eet totdat hy oud genoeg is om tussen reg en verkeerd te onderskei.

16. Maar nog voordat hy daardie ouderdom bereik, sal die lande van die twee konings vir wie jy nou so bang is, reeds in puin lê.

17. Nou, wat jou en jou volk en jou familie betref, die Here gaan julle laat swaarkry soos nog nooit tevore nie. Dit sal erger wees as toe die ryk in twee geskeur het, met Efraim aan die een kant en Juda aan die ander kant. Die Here gaan die koning van Assirië na julle toe stuur.

18. “Maar dit is nie al nie. In daardie tyd sal die Here vir die leërs van Egipte en Assirië fluit om hulle nader te roep. Hulle sal op julle toesak soos ’n swerm vlieë en julle steek soos bye.

19. Hulle sal in groot swerms op julle toesak. Nie een gebied sal hulle vryspring nie, nie die verlate valleie, die grotte of selfs die doringstruike nie, en nog minder die vrugbare weivelde.

20. “In daardie tyd sal die Here ’n skeermes aan die oorkant van die Eufraatrivier gaan huur, die koning van Assirië. Hy en sy leër sal julle kaal skeer van kop tot tone. Al wat sal oorbly, is julle vernedering en skande.

21. As die land so kaal gestroop is en iemand sou dalk nog ’n jong koei en twee skaapooie oorhê,

Lees volledige hoofstuk Jesaja 7