Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 57:4-11 Die Boodskap (DB)

4. Met wie wil julle gekskeer? Oor wie het julle so baie te sê? Vir wie staan julle en tong uitsteek? Is julle nie self die kinders van mense wat in opstand gekom het teen God nie? Is julle nie die nageslag van bedrieërs nie?

5. Julle het seks onder groot bome om die afgode te vereer. Julle slaap by mekaar onder groen bome ter wille van die seksgode. Julle sny kinders keelaf onder in die laagtes. Julle offer hulle vir die afgode onder ’n groot rots.

6. Julle maak van die groot klippe onder in die spruit julle gode. Julle dink dat hulle julle lewens reg kan laat loop. Julle gooi drank oor hierdie klippe uit om vir die gode te offer. Julle kom sit kos voor die klippe neer om hulle te aanbid. Dink julle vir ’n oomblik dat Ek hiermee tevrede kan wees?

7. Julle klim op hoë berge om daar vir die gode seks te hê. Julle klim teen die berge uit om daar vir die gode offers te gaan bring.

8. Jy het jou afgode in jou huis gaan sit en die deur agter jou gesluit. Jy het padgegee van My af en soos ’n prostituut met die afgode in die bed gaan klim. Jy het met hulle ’n ooreenkoms gaan maak soos ’n slegte vrou wat betaal word om saam met haar minnaars in die bed te klim.

9. Jy het olie aan jou gesmeer en reukwater aangesit om vir die afgod Molek te offer. Jy het ver gaan soek vir ander gode tot wie jy kan bid. Jy het selfs in dieptes onder die aarde gaan soek.

10. Julle word moeg van die soekery, maar julle dink nie daaraan om op te hou nie. Julle begeerte dryf julle om nooit op te hou soek nie.

11. Watter gode het julle so bang en beangs gemaak dat julle vir My gelieg het? Waarom het julle skoon van My vergeet? Waarom het julle My uit julle gedagtes laat gaan? Was dit omdat Ek so lank maar net stilgebly het dat julle opgehou het om respek vir My te hê?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 57