Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 36:4-9 Die Boodskap (DB)

4. Sanherib se assistent wou by hulle weet waarom koning Hiskia so selfversekerd was.

5. Hy het hulle toe teruggestuur na Hiskia toe met hierdie boodskap van die koning van Assirië: “Dink jy mense se leë beloftes gaan jou help oorlog maak? Dit is tog nie hoe ’n mens jou strategie beplan nie! Watter een van jou bondgenote dink jy gaan jou help om teen Assirië te veg?

6. Ek weet jy dink Egipte gaan jou help, maar dit is ’n groot fout. Om op die koning van Egipte vir militêre hulp te vertrou in so ’n situasie is net so goed as om ’n geknakte riet te vat en te dink dit kan ’n goeie kierie wees. Die eerste keer as jy ’n bietjie hard daarop leun, breek die riet en sny boonop nog jou hand ook stukkend. Wees gewaarsku, die koning van Egipte is onbetroubaar!

7. Of wil jy dalk vir my vertel dat jy nou weer ewe skielik op die Here jou God vertrou? As ek reg onthou, het jy, koning Hiskia, Hom erg beledig. Was dit nie sy altare wat jy persoonlik laat afbreek het met die opdrag dat die mense van Juda en Jerusalem slegs by die altaar in Jerusalem mag offer nie?

8. Ek sê jou wat, kom ons gaan ’n weddenskap aan. Al gee die koning van Assirië vir jou 2 000 perde as ’n geskenk, sal jy nie eers genoeg soldate bymekaar kan maak om op hulle te ry nie.

9. Jy en jou weermag staan nie ’n kans teen selfs die swakste van my koning se offisiere nie. Nie eens met die koning van Egipte se hulp met strydwaens en ekstra soldate staan jy ’n kans nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 36