Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:16-21 Die Boodskap (DB)

16. Here, toe U gepraat het, het ek mooi geluister en elke woord ingeneem. Wat ek gehoor het, het my baie bly gemaak. Here, U is sterker as alles en almal. Dit maak my opgewonde om te weet dat ek aan U behoort.

17. Ek was nie deel van die groep mense wat gespot het nie. Ek het my eenkant gehou, want my lewe het nou aan U behoort. Al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, het my baie kwaad gemaak.

18. Waarom hou my swaarkry nie op nie? Waarom word my wonde nie gesond nie? Soms voel dit vir my of ek nie seker kan wees dat U my sal help nie. Dit is soos ’n stroompie waarvan jy nie altyd seker is dat daar water in sal wees nie.”

19. Die Here sê toe: “As jy doen wat Ek wil hê jy moet doen, sal Ek jou weer gebruik soos vroeër. As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê, kan jy weer namens My praat. Jy moet sorg dat ander mense jou voorbeeld volg, nie jy hulle voorbeeld nie.

20. Hierdie mense sal teen jou baklei asof hulle besig is met ’n oorlog. Moenie bekommerd wees nie, Ek sal jou so sterk soos ’n kopermuur maak. Hulle sal jou nie wen nie. Ek sal jou beskerm en jou red,” sê die Here.

21. “Ek sal jou uit die mag van hierdie slegte mense red. Ek sal jou teen hulle wreedheid beskerm.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15