hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15 Die Boodskap (DB)

Die Here se oordeel oor Juda

1. Die Here het vir my gesê: “Selfs al het Moses en Samuel voor My gestaan om hierdie mense se saak te stel, sou Ek hulle nie jammer gekry het nie. Raak ontslae van hulle, Ek wil hulle nie sien nie.

2. As hulle vir jou vra: ‘Waarheen moet ons gaan?’ sê vir hulle die Here sê: Dié van julle wat moet doodgaan, sal doodgaan. Dié van julle wat in ’n oorlog moet gaan veg, sal gaan veg op die slagveld. Dié wat honger moet ly, sal honger ly. Ander van julle wat deur julle vyand uit julle land weggevat moet word, sal weggevat word.”

3. Die Here sê: “Ek sal hulle op vier maniere straf. Hulle sal met ’n wapen doodgemaak word en honde sal hulle wegsleep. Dan sal die aasvoëls en die wilde diere dit wat van hulle oorgebly het, opvreet.

4. Koning Manasse, die seun van Hiskia, koning van Juda, het dinge in Jerusalem gedoen waarvan Ek niks gehou het nie. Omdat hy hierdie dinge gedoen het, sal Juda ly. Ek sal van my volk ’n voorbeeld maak. Wat met hulle gebeur, sal al die volke op die aarde skok.”

5. Die Here vra: “Wie sal julle jammer kry, inwoners van Jerusalem? Wie sal oor julle huil? Wie sal nog enigsins die moeite doen om te vra hoe dit met julle gaan?

6. Julle het My in die steek gelaat. Julle steur julle al hoe minder aan My,” sê die Here. “Daarom sal Ek sorg dat daar niks van julle oorbly nie. Ek is moeg daarvan om julle altyd nog ’n kans te gee.

7. Uit elke stad in die land sal Ek julle verstrooi soos ’n mens met kaf op die dorsvloer maak. Ek sal julle baie hartseer maak deur wat vir julle na aan julle hart lê, weg te vat. Ek sal my volk laat ondergaan omdat hulle botweg weier om op te hou met die verkeerde dinge wat hulle doen.

8. Daar sal nou meer weduwees wees as wat daar sand by die see is. So teen die middag se kant sal ’n aanvaller kom en die ma’s van die jongmans oorval. Ek sal maak dat angs en vrees hulle skielik beetpak.

9. ’n Ma wat sewe kinders gehad het, sal flou word en na haar asem snak as haar kinders sterf. Dit sal vir haar voel of die son helder oordag gesak het. Sy is nou sonder enige kinders en wat ’n vernedering is dit nie! Die mense wat so ver alles oorleef het, sal Ek in die hande van die vyand gee,” sê die Here.

Jeremia se klagte

10. Ek het gesê: “Dit gaan sleg met my! Hoekom het Ma my ooit in die wêreld gebring? Ek is altyd aan die stry en baklei met almal in die land. Al het ek niks uitgeleen nie en al het ek niks by iemand anders geleen nie, wens almal my slegte dinge toe.”

11. Die Here het geantwoord: “Dit sal met jou goed gaan, Jeremia. Jou vyande sal nog vir jou kom vra om namens hulle om hulp te smeek as moeilike en swaar tye kom.

12. Ek sal jou so sterk maak soos ’n stuk yster uit die noorde of ’n stuk koper wat nie gebreek kan word nie.”

13. Die Here het vir die mense van Juda gesê: “Julle het oral in die land baie verkeerde dinge gedoen. Omdat dit so is, Israel, sal Ek al julle rykdom en julle besittings as buit vir julle vyand gee.

14. Ek sal dat julle vyande julle wegvat na ’n land wat julle nie ken nie. My woede is so groot, dit is soos ’n vuur wat brand. Dit sal nooit ophou brand nie.”

15. Toe bid ek: “Here, U weet alles. Dink tog aan my en help my. Straf die mense wat my vervolg. Moenie toelaat dat hulle my doodmaak nie! Onthou asseblief dat ek verneder word omdat Ek vir U werk.

16. Here, toe U gepraat het, het ek mooi geluister en elke woord ingeneem. Wat ek gehoor het, het my baie bly gemaak. Here, U is sterker as alles en almal. Dit maak my opgewonde om te weet dat ek aan U behoort.

17. Ek was nie deel van die groep mense wat gespot het nie. Ek het my eenkant gehou, want my lewe het nou aan U behoort. Al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, het my baie kwaad gemaak.

18. Waarom hou my swaarkry nie op nie? Waarom word my wonde nie gesond nie? Soms voel dit vir my of ek nie seker kan wees dat U my sal help nie. Dit is soos ’n stroompie waarvan jy nie altyd seker is dat daar water in sal wees nie.”

19. Die Here sê toe: “As jy doen wat Ek wil hê jy moet doen, sal Ek jou weer gebruik soos vroeër. As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê, kan jy weer namens My praat. Jy moet sorg dat ander mense jou voorbeeld volg, nie jy hulle voorbeeld nie.

20. Hierdie mense sal teen jou baklei asof hulle besig is met ’n oorlog. Moenie bekommerd wees nie, Ek sal jou so sterk soos ’n kopermuur maak. Hulle sal jou nie wen nie. Ek sal jou beskerm en jou red,” sê die Here.

21. “Ek sal jou uit die mag van hierdie slegte mense red. Ek sal jou teen hulle wreedheid beskerm.”