Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 4:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Hoor wat sê die Here oor Israel: “Die Here maak ’n hofsaak teen die mense wat in die land bly. Hy kla hulle aan dat daar niemand in die land is wat nog getrou is aan God en by Hom bly nie. Hulle ken nie meer die Here nie.

2. Deur die hele land word daar gevloek en bedrieg, gemoor en gesteel. Hulle mans en vroue verneuk mekaar. Hulle gaan mekaar te lyf. Dis die een bloedbad op die ander.

3. Dit het droogte in die land gebring. Almal in die land gaan dood van die dors. Die wilde diere in die veld, die voëls in die lug en selfs die visse in die see gaan almal dood.”

4. “Moenie die volk beskuldig nie. Moenie aanklagte maak teen die volk nie. Jy moet eerder ’n saak maak teen die man wat by God se huis die offers bring.

5. Hy maak foute in die dag. Hy en die man wat God se boodskap bring, maak verkeerde besluite in die nag. Ek sal sy familie saam met hom laat doodgaan.

6. “My volk boer agteruit omdat hulle My nie meer ken nie. Die man by God se huis is die oorsaak daarvan. Jy moet die pad vir die volk wys, maar jy het nie belanggestel om hulle van My te leer nie. Ek stel daarom ook nie verder belang dat jy vir My moet werk nie. Jy het vergeet om jou volk te leer wat die Here wil hê. Daarom gaan Ek ook vergeet van jou nageslag wat ná jou die werk moet voortsit.

7. Jou nageslag het al meer geword. Daar het al meer mense gekom wat vir God moet werk. Maar soos hulle al meer geword het, het die mense wat nie na My wil luister nie, ook al meer geword. Mense het gedink dat julle belangrik is. Ek gaan dit verander. Hulle gaan in die toekoms niks van julle dink nie.

Lees volledige hoofstuk Hosea 4