Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 2:66-70 Die Boodskap (DB)

66. Hulle het ook 736 perde, 245 muile,

67. 435 kamele en 6 720 donkies saam met hulle gebring.

68. Toe hulle by die bouvalle van die tempel van die Here in Jerusalem aankom, het die leiers van die families uit hulle eie beursie geld gegee om die tempel te herbou.

69. Hulle het alles wat hulle gehad het vir die “herstelfonds” gegee. Dit was in totaal net meer as 500 kilogram goud, byna 3 000 kilogram silwer en 100 pakke klere vir die priesters.

70. Die priesters, die Leviete, ’n deel van die volk en die sangers, die poortwagte en die tempelwerkers het in Jerusalem gaan bly. Die res van die Judeërs wat teruggekom het, het teruggegaan na die plekke waar hulle oorspronklik vandaan gekom het.

Lees volledige hoofstuk Esra 2