Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 7:4-10 Die Boodskap (DB)

4. Ek sal jou glad nie jammer kry nie. Nie een van jou verskonings sal My laat afsien van my planne nie. Ek gaan jou straf oor al die slegte dade wat jy gedoen het. Al die slegte dinge wat jy gedoen het, sal nou met jou gebeur. Dan sal jy besef dat Ek regtig jou God is.”

5. So sê die Here, die God van Esegiël: “Jy sal met een hou na die ander getref word tot jy vuisvoos is.

6. Jou einde is op jou. Jy staar die dood in die gesig. Dis klaar met jou!

7. Die dag dat jy vernietig gaan word, is voor die deur, Israel. Die tyd van straf het vir jou aangebreek. Groot moeilikheid wag vir jou. Niemand sal nou van vreugde uitroep nie. Nee, jy sal net hoor hoe mense vol vrees skreeu om hulp.

8. Ek gaan my humeur binnekort met jou verloor. Dan gaan Ek jou straf vir al die slegte dinge wat jy gedoen het.

9. Ek sal jou nie spaar nie, en Ek sal jou ook nie jammer kry nie. Ek sal jou terugbetaal vir al die vieslike dade wat jy gedoen het. Dan sal jy weet dat dit Ek, die Here, is wat jou so slaan.

10. “Die dag het aangebreek dat Ek jou gaan veroordeel. Jy gaan heeltemal vernietig word. Die mense se slegte dade was nog nooit so baie soos nou nie, en dan is hulle nogal ewe trots op hulleself!

Lees volledige hoofstuk Esegiël 7