Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 25:8-16 Die Boodskap (DB)

8. Toe sê die Here, die God van Esegiël: “Die mense van Moab het gesê Juda is maar net soos al die ander nasies. Daar is geen verskil tussen my volk en die heidene nie.

9. Daarom sal Ek al die stede aan julle oostekant en op julle grens vernietig, want julle het gedink dat daardie stede julle sal beskerm.

10. Ek gee julle land vir die inwoners van die woestyn aan die oostekant, nes Ek met Ammon gemaak het. Daarom sal die Ammoniete nie langer ’n nasie wees nie.

11. En julle sal ook nie langer as ’n nasie bestaan nie, want Ek vernietig julle. Ek straf julle vir wat julle gedoen het. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.”

12. So sê die Here, Esegiël se God: “Die mense van Edom het sleg opgetree toe hulle wraak geneem het op die mense van Juda, toe die Babiloniërs die mense van Juda verslaan het.

13. “Daarom,” sê die Here, die God van Esegiël, “gryp Ek Edom aan sy keel. Ek slaan hom met die vuis. Ek roei sy mense uit, en sy vee. Ek stuur die swaard teen die land. Daar sal net een groot puinhoop oorbly, van die noorde van die land af tot in die suide.

14. En Ek sal my volk, Israel, gebruik om dit te doen. Hulle sal wraak neem op die mense van Edom omdat Ek Edom straf vir sy slegte dade. Daardie dag sal Edom weet dat dit Ek is wat dit gedoen het. Dit is Ek, die Here, die God van Esegiël, wat gepraat het.”

15. Toe het die Here, die God van Esegiël, verder gepraat: “Die Filistyne het lelik met Juda gemaak. Hulle wou Israel vernietig omdat hulle al jare lank vir hulle kwaad is.

16. Daarom gaan Ek, die Here, Esegiël se God, die Filistyne gryp en hulle met die vuis bykom. Ek gaan hulle heeltemal uitroei. Ja, Ek gaan hierdie mense wat langs die see woon, heeltemal verwoes.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 25