Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 30:10-19 Die Boodskap (DB)

10. Die boodskappers het die brief van dorp tot dorp in Efraim en Manasse en so ver as Sebulon geneem, maar die mense het hulle uitgelag en hulle gespot.

11. Daar was egter wel mense uit Aser, Manasse en Sebulon wat nederig genoeg was om Jerusalem toe te kom.

12. In Jerusalem het die Here eensgesindheid onder al die mense bewerk. Hulle wou almal graag doen wat die koning en leiers beveel het. Dit was presies volgens die Here se woord.

13. ’n Baie groot klomp mense het toe in die tweede maand vir die paasfees en die fees van die ongesuurde brood in Jerusalem bymekaargekom.

14. Hulle het aan die werk gespring en al die heidense altare in Jerusalem afgebreek. Hulle het selfs die wierookaltare gevat en dit in die Kidronvallei gaan weggooi.

15. Op die regte dag in die tweede maand, ’n maand later as gewoonlik, het die mense die paaslammers geslag. Toe het die priesters en die Leviete skaam geword, hulleself reg voorberei om in die Here se diens te staan en brandoffers by die Here se tempel gaan verbrand.

16. Hulle het op die plekke gaan staan wat hulle s’n was volgens die reëls in die wet van Moses. Die Leviete het die bloed van die offer na die priesters toe gebring en hulle het dit teen die altaar uitgegooi.

17. Omdat baie mense hulleself nie reg voorberei het vir die fees nie, moes die Leviete al hulle paaslammers vir hulle slag. Die Leviete moes toe die diere aan die Here toewy.

18. Dit was nodig omdat baie mense nog nie gereed was vir die fees nie. Hulle het veral uit Efraim, Manasse, Issaskar en Sebulon gekom, waar die paasfees nie op die voorgeskrewe manier gevier word nie. Maar koning Hiskia het vir hulle gebid en hulle kon ook die paasete eet, al was dit teen die letter van die wet van God. Hiskia het gebid: “Mag die Here wat goed is, die mense vergewe

19. wat besluit het om Hom te volg, selfs al is hulle nie reg voorberei vir die viering van die fees nie!”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 30