Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 22:2-9 Die Boodskap (DB)

2. Hy was 22 en hy het net ’n jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Atalia, ’n dogter van Omri.

3. Hy het ook soos die ander konings van Israel opgetree, want sy ma, Atalia, was sy raadgewer oor godsdienstige sake.

4. Hy het dinge gedoen wat vir die Here totaal en al onaanvaarbaar was. Hy was net soos Agab se familie. Na sy pa se dood was hulle sy raadgewers. Dit het tot sy ondergang gelei.

5. Hulle het aanbeveel dat hy saam met Joram teen die Arameërs moes gaan veg. Joram was Agab se seun en koning van Israel. Hulle twee het toe by Ramot in Gilead teen Gasael, die Aramese koning, oorlog gaan maak. Die Arameërs het Joram in die geveg gewond.

6. Joram het na Jisreël toe gegaan om van sy wonde te herstel. Ahasia het hom toe daar in Jisreël kom besoek.

7. Die besoek was egter ’n groot fout. Die Here het besluit om Ahasia te straf. Dit het só gebeur: Terwyl Ahasia by Joram gekuier het, het hulle twee uitgegaan om vir Jehu, Nimsi se seun, te ontmoet. Jehu is pas tevore deur die Here aangewys om Agab se koningshuis uit te wis.

8. Terwyl Jehu besig was om Agab se hele familie dood te maak, het hy op ’n groep familielede en amptenare van Ahasia afgekom. Hy het hulle ook doodgemaak.

9. Toe het hy na Ahasia begin soek. Van sy mense het vir Ahasia gekry waar hy in Samaria weggekruip het. Hulle het hom gevang en vir Jehu gebring. Jehu het hom toe ook doodgemaak.Ahasia is soos ’n koning begrawe, want die mense het gesê: “Hy was darem Josafat se kleinseun en Josafat het alles in sy vermoë gedoen om die Here te dien.”Na Ahasia se dood was daar niemand wat hom as koning kon opvolg nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 22