Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 17:2-10 Die Boodskap (DB)

2. Hy het soldate in die sterk stede in Juda geplaas en wagposte oral in Juda opgestel, asook in die dorpe van Israel wat sy pa gevat het.

3. Die Here het Josafat gehelp, want hy het die voorbeeld van sy pa se vroeë jare gevolg. Hy het hom nie met die Baäls, die gode van die Kanaäniete, opgehou nie.

4. Hy het die Here, sy pa se God, gedien en na al sy opdragte geluister. Dit was anders as wat die konings van Israel gedoen het.

5. Daarom het die Here Josafat ’n sterk koning gemaak. Die mense van Juda het vir hom geskenke gebring. So het hy ryk en belangrik geword.

6. Hy was ywerig om die Here te dien; daarom het hy die plekke vernietig waar die afgode vereer is en die Asjerapale stukkend gekap.

7. In die derde jaar dat hy regeer het, het Josafat van sy belangrikste amptenare gestuur om die mense in al die stede van Juda te gaan leer. Die amptenare was Ben-Gajil, Obadja, Sagaria, Netanel en Miga.

8. Hy het ook ’n klompie Leviete saamgestuur. Hulle was Semaja, Netanja, Sebadja, Asael, Semiramot, Jonatan, Adonia, Tobija en Tob-Adonija. Hy het ook twee priesters, Elisama en Joram, saamgestuur.

9. Hulle het Die Wetboek van die Here saamgeneem en dwarsdeur Juda na al die stede toe gegaan en die mense van die Here se wet geleer.

10. Al die volke rondom Juda het verskriklik bang geword vir die Here. Niemand het daaraan gedink om teen Juda oorlog te maak nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 17