Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11:9-16 Die Boodskap (DB)

9. Mense van oral af sal die lyke daar in die straat bekyk. Hulle wou die lyke mos nie begrawe soos dit hoort nie. Dit sal drie en ’n halwe dae so aanhou.

10. Wat nog erger is, is dat daar feeste sal uitbreek. Mense oor die hele wêreld kan hulle blydskap nie in toom hou nie! Hulle gee vir mekaar geskenke, die ene vrolikheid! Die rede vir al die opgewondenheid is die lyke in die straat. Daardie boodskappers van God het immers die mense se gewete baie omgekrap en hulle skuldig laat voel.

11. Drie en ’n halwe dae het verbygegaan. Toe gryp God in en gee die asem wat lewe gee vir hulle terug. Die twee boodskappers van God kom toe weer regop. Die mense wat dit gesien het, het hulle asem weggeskrik. Hulle het soos riete gebewe, so bang was hulle.

12. Iemand uit die hemel praat toe helder en duidelik met die twee boodskappers van God: “Kom hiernatoe.” Voor die oë van hulle vyande is die twee boodskappers in ’n wolk na God toe.

13. Toe begin die hele aarde geweldig skud. ’n Tiende van die stad het inmekaargestort. Sewe duisend mense is in die aardbewing dood. Die mense wat in die stad oorgebly het, was paniekbevange. Hulle het daar en dan vir God grootgemaak en alle eer aan Hom gegee.

14. Die tweede verskrikking was nou verby. Maar oppas! Die derde verskrikking is op pad, en vinnig ook!

15. Toe blaas die sewende engel op sy trompet. ’n Geweldig harde stem uit die hemel sê toe: “Ons Here en sy Messias regeer nou oor die wêreld. Almal weet dit! Hy sal vir ewig en altyd bly regeer.”

16. Die 24 leiers van die kerk (wat op die trone in die hemel gesit het) het eenvoudig voor God neergeval

Lees volledige hoofstuk Openbaring 11