Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 21:18-25 Die Boodskap (DB)

18. Toe jy jonk was, het jy self aangetrek en jy kon stap waar jy wou. Maar as die ouderdom jou inhaal, sal jy dit nie eens meer kan doen nie. Jy sal maar net jou hande vraend kan uitsteek. Ander sal dan kom en jou aantrek en jou dra waar jy nie wil wees nie.”

19. (Daarmee het Jesus gesinspeel op die manier waarop Petrus sou sterf. Met sy dood sou hy in alle geval vir God eer.)“Kom saam met My,” sê Jesus toe vir Petrus.

20. Toe Petrus omkyk, sien hy die volgeling van wie Jesus baie gehou het, kom ook agter hulle aangestap. (Dit was die dissipel wat aan tafel vir Jesus gevra het wie Hom sou verraai.)

21. Petrus sê toe vir Jesus: “En wat van hom, Here?”

22. “Dit het eintlik niks met jou te doen nie, Petrus, selfs al sou Ek wou hê dat hy moes bly lewe tot Ek weer kom. Moenie jou oor sulke dinge bekommer nie. Sorg net dat jy by My bly!” sê Jesus.

23. Dit is waar die storie begin het dat hierdie volgeling van Jesus nie sou doodgaan nie. Dit was egter nie wat Jesus bedoel het nie. Jesus het gesê as Hy dit sou wou hê, sou die man kon bly lewe tot Hy terugkom. En dit het niks met Petrus te doen nie.

24. Hierdie volgeling is juis die een wat alles so deeglik neergeskryf het en met soveel oortuiging daaroor praat. Ons almal weet dat wat hy vir ons vertel die waarheid is.

25. Jesus het ook nog baie ander dinge gedoen. As dit alles neergeskryf sou moes word, twyfel ek of daar genoeg plek in hierdie wêreld sou wees om al daardie boeke te bêre.

Lees volledige hoofstuk Johannes 21